AFGRI
BEAN
07 Feb
-
9885
16,00
CORN
07 Feb
-
4639
28,00
SOYA
07 Feb
-
8750
-38,00
SUNS
07 Feb
-
10130
-10,00
WEAT
07 Feb
-
6814
47,00
WMAZ
07 Feb
-
4289
-22,00
YMAZ
07 Feb
-
4425
-19,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Soja skitter: Grootste oes nóg

Vanjaar se skitterende oes sojabone beteken Suid-Afrika kan ’n netto uitvoerder van sojabone word.

Suid-Afrika se nasionale sojaboon-oes kan volgens die jongste amptelike raming 1,34 miljoen ton behaal, die grootste in die geskiedenis.

Die vorige rekord-sojaboon-oes was 1,07 miljoen ton, wat in 2015 van die lande gehaal is. Verlede jaar is net 742 000 ton sojabone weens die droogte verbou.

Vanjaar se skitterende oes beteken Suid-Afrika kan ’n netto uitvoerder van sojabone word, sê mnr. Wandile Sihlobo, ekonoom by die landbou-sakekamer Agbiz.

Uitvoer van sojabone

Hy meen die uitvoer van sojabone kan hierdie bemarkingseisoen 30 000 ton haal, maar wys daarop dat Suid-Afrika steeds ’n netto invoerder van sojaboon-oliekoek en -olie is.

Die Oesskattingskomitee het in sy jongste raming die verwagte sojaboon-oes met amper 9% vanaf sy Mei-skatting verhoog. Dit word hoofsaaklik aan uitgebreide aanplantings en groter opbrengste as wat aanvanklik verwag is, toegeskryf. Die jongste verwagte gemiddelde opbrengs is 2,34 ton per ha. Die beraamde aanplantings is 573 950 ha wat 14% meer as verlede jaar is.

Dit vorm deel van ’n jare lange neiging waarin Suid-Afrikaanse mielie-hektare met soja-aanplantings vervang word, soortgelyk aan wat in Amerika aan die gebeur is.

Nasionale opbrengs

Die Proteïennavorsingstigting (PNS) meen Suid-Afrikaanse soja-aanplantings kan teen 2020 sowat een miljoen ha haal, die gemiddelde opbrengs 2,5 ton per ha en die nasionale oes 2,5 miljoen ton.

Sihlobo sê die verhoogde sojaboonproduksie word deur ’n sterk vraag in die veevoermark aangedryf, wat op sy beurt deur die plaaslike groeiende middelklas se behoefte aan proteïen aangevuur word.

Die Oesskattingskomitee het die verwagte mielie-oes onveranderd op 15,631 miljoen ton gelaat, met ’n verwagte gemiddelde opbrengs van net onder 6 ton per ha. Dit is ook ’n nuwe rekord sedert 1981 se 15,03 miljoen ton, toe die gemiddelde opbrengs 3,05 ton per ha was.

Die oes van sonneblomsaad is met amper 4% tot 821 970 ton verminder. Die verwagte nasionale opbrengs is 1,29 ton per ha. Die verwagte grondboonoes is met amper 5% tot 90 550 ton verhoog.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.60
+0.3%
Rand - Pond
21.14
+0.4%
Rand - Euro
18.84
+0.6%
Rand - Aus dollar
12.19
-0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.6%
Platinum
977.19
+0.3%
Palladium
1,635.67
+2.3%
Goud
1,874.95
+0.4%
Silwer
22.27
-0.0%
Brent-ruolie
80.99
+1.3%
Top-40
73,434
-0.1%
Alle aandele
79,534
-0.1%
Hulpbronne 10
74,594
+0.7%
Industriële 25
102,656
-0.5%
Finansiële 15
16,333
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Iemand ordentlik asb
Ek is lief vir die lewe. Ek hou van kuier saam vriende en famile. Soek rus en vrede sonder drama
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot