AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,6
-0,40
CORN
22 Mrt
-
4152
-62,00
SOYA
22 Mrt
-
8460,2
-51,80
SUNS
22 Mrt
-
9126
-629,00
WEAT
22 Mrt
-
6490
-120,00
WMAZ
22 Mrt
-
3855,40
-94,60
YMAZ
22 Mrt
-
4078,8
-80,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Sondebelasting: Staat en rokers verloor

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Johan van der Merwe
Foto: Johan van der Merwe
Ondanks die verhoging in aksynsbelasting verloor die staat jaarliks R20 miljard weens sluikhandel in sigarette.

Die verhoging van sowat 5,5% vanjaar in die belasting op tabakprodukte is dalk bietjie meer aanvaarbaar vir die bedryf as verlede jaar se 8%, maar daar behoort eintlik geen verhoging te wees nie totdat die regering onwettige handel onder beheer kry.

Dít was die reaksie van mnr. Francois van der Merwe, ’n konsultant vir die tabakbedryf en direkteur van Limpopo Tabakverwerkers, op die begrotingsaankondiging dat verbruikers R1,03 duurder vir ’n pakkie van 20 sigarette sal moet betaal.

Hy sê hulle het al drie jaar gelede gevra dat daar geen aksynsverhoging moet wees totdat onwettige handel stopgesit is nie. “Die staat vorder steeds belasting in op minder as 40% van die mark, want meer as 60% is onwettig en betaal nie belasting nie. Ons bly die regering vra om die speelveld gelyk te maak. Hy moet die onwettige handel vasvat om die belastingbasis te verbreed.”

Van der Merwe wys daarop dat die regering verlede jaar, in een jaar, R20 miljard verloor het weens onwettige handel. Hy sê die R350 miljoen se onwettige sigarette waarop beslag gelê is en waarna die minister in sy begrotingsrede verwys het, is ’n onbeduidende druppel aan die emmer.

“Die regering moet toeslaan op plaaslike vervaardigers wat die mark onwettig met goedkoop produkte oorstroom, want die wettige bedryf kan nie daarmee meeding nie. Smokkelary van buite is nie die werklike probleem nie.”

Hy sê die wettige sigaretbedryf het nou al gekrimp van ’n mark van R32 miljard tot een waarop verlede jaar net vir R12 miljard belasting betaal is. Daar is dus sowat R20 miljard se sigarette op die mark waarop nie belasting betaal word nie.

“Die staat weet wie die skuldiges is. Hy moet net toeslaan, die ondernemings toemaak en lisensies ophef. Ná hierdie jongste verhoging is die belasting op ’n pakkie sigarette R22,79. As jy sigarette sien wat R15 of R18 kos, is dit mos duidelik dat daar nie belasting daarop betaal word nie. Pryse moet meer as R28 wees om die speelveld gelyk te kry waar belastingbetalers met belastingbetalers meeding. Nou gaan die R22,79 aksynsbelasting na misdadigers se sakke toe.”

Die Fair Trade Independant Tobacco Association (Fita) het ook sy teleurstelling uitgespreek oor die verhoging in aksynsbelasting. Mnr. Sinenhlanhla Mnguni, voorsitter, sê daar is duidelike bewyse dat ’n styging in aksynsbelasting gelei het tot die groot toename in sluikhandel.

“Die werklikheid is dat goedkoper, onwettige produkte vrylik en in groot hoeveelhede beskikbaar is en dat verbruikers daartoe gedryf word om dit te koop pleks van die duurder, wettige produkte weens die stygende aksynsbelasting wat gehef word.”

Hy sê dit is ’n feit dat die aksynsbelasting op tabakprodukte in buurlande baie laer is en dit veroorsaak dat Suid-Afrika die ideale bestemming vir sluikhandel geword het. Die sluikhandel het die afgelope paar jaar ontstellend toegeneem, veral weens die verbod op die verkoop van tabakprodukte tydens die inperking in 2020.

Hy waarsku as die situasie voortduur, sal die regering al hoe meer aan aksynsbelasting verloor. Hy vra die owerheid om met buurlande in gesprek te oor ’n eenvormige aksynsbelasting vir die hele streek.

Terselfdertyd het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens in ’n verklaring besonderhede bekend gemaak van sy suksesse in ondersoeke oor sluikhandel. In die Wes-Kaap word 362 sake ter waarde van R4,8 miljoen ondersoek en in Gauteng 3 852 sake ter waarde van R51 miljoen.

Daar is ook ’n inspeksie aan die gang in Durban se hawe waar 20 houers met tabak van R24 miljoen nie verklaar is nie. Daar word vermoed dat dieselfde uitvoerder al betrokke was by die uitvoer van meer as 10 miljoen kg tabak van meer as R450 miljoen.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.28
+1.4%
Rand - Pond
22.43
+1.0%
Rand - Euro
19.85
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.22
+1.2%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Platinum
981.98
+1.0%
Palladium
1,444.54
+2.7%
Goud
1,967.98
+1.4%
Silwer
22.93
+2.4%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,757
+1.4%
Alle aandele
75,243
+1.3%
Hulpbronne 10
65,777
+0.2%
Industriële 25
101,692
+1.8%
Finansiële 15
15,282
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Saam dinge aanpak !
Ek is n eerlikke opregte reguit man Hou nie van komplikasies nie Gryp die bul by die horings Hou van rondry en nuwe plekke plaaslik en oorsee besoek !! Positiewe uitkyk op lewe...
Blank
Ek is redelik jonk van gees. Hou van dans en kook. 'N sin vir humor is belangriker as 'n resiesfiets.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot