AFGRI
BEAN
29 Sep
-
9347
7,00
CORN
29 Sep
-
4790
13,00
SOYA
29 Sep
-
9420
59,00
SUNS
29 Sep
-
10200
226,00
WEAT
29 Sep
-
7099,4
28,40
WMAZ
29 Sep
-
4885,4
3,40
YMAZ
29 Sep
-
4853,8
25,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Spekulasie met mielies 'kontaksport'

Spekulasie op die Safexmark is nie vir die wankelmoedige nie.

“Hy het net geval en geval, en daar was geen sekerheid oor waar hy sou stop nie. ’n Klomp spekulante kon naderhand nie meer hul posisies dra nie.”

Só beskryf een verhandelaar Safex se mieliemark oor die afgelope maande. Net soos wat dit ’n produksietyd was wat hare op die tande geverg het, was die afgelope jaar se markrit ook nie een vir die wankelmoedige nie.

Eers het die witmielieprys op die Johannesburgse beurs binne basies twee maande – vanaf middel November verlede jaar tot middel Januarie vanjaar – meedoënloos die hoogte ingeskiet: Van net bo R3 000 per ton tot amper R5 300 per ton.

Van daar het die afwaartse spiral begin. In die volgende nege maande het ’n ton wit mielies ’n volle derde van hul waarde verloor, maar steeds grootliks bokant invoerpariteit gebly. Die geelmielieprys het in dieselfde tyd met meer as 20% gedaal.

Drie faktore

In ’n stadium het drie faktore toevallig saamgespeel om die skroef ekstra styf te draai: Die nuwe oes se lewerings het mark toe gekom, wat vir die gebruiklike prysdruk daardie tyd van die jaar gesorg het. Daarmee saam het die rand teenoor die Amerikaanse dollar versterk en die Chicagomieliemark, wat merendeels slaafs deur plaaslike pryse nagevolg word, het oor ’n relatief lang tyd afwaarts verhandel.

Aan produsentekant, verneem Landbouweekblad, het ’n klomp boere hul mielies teruggehou in die hoop op nóg hoër pryse. “Wat hartseer is, is dat daar baie boere is wat nie hul droogtemielies teen R5 000 per ton verkoop het nie, en nog steeds nie verkoop het nie,” is een se presiese woorde.

Al dié faktore het, soos dit nou maar eenmaal gebeur wanneer ’n mark van die voorspelbare en voorspelde paadjies afwyk (of sommer net pleinweg gatomswaai), vir hernieude bespiegelings gesorg oor of mieliepryse op Safex nie net dalk gemanipuleer word nie.

Klein skaal

Verskeie ingeligtes en kenners by wie Landbouweekblad aangeklop het, is dit eens: Daar is geen aanduiding van onwettighede of ongerymdhede nie; dit is maar hoe ’n vrye mark werk.

Toegegee is die Safexmark ’n relatiewe buksie as hy met sy ouboet, die Chicagobeurs, vergelyk word. ’n Enkele groot koper kan soms die spierkrag hê om die prys in ’n rigting te druk. Dit is nie noodwendig onwettig of onreëlmatig nie, maar ’n berekende risiko wat hy bereid is om te dra, en op geregtig is.

Risiko-omvang

Meer as een makelaar kla oor kliënte wat klaarblyklik nie altyd die risiko-omvang van spekulasie op die Safexmark in berekening bring nie.

“Ons sit gereeld met die probleem van kliënte wat te groot transaksies wil doen. Hulle lewer argumentsonthalwe 5 000 ton, maar wil 10 000 ton verhandel. En as die mark in ’n onverwagse rigting beweeg, het hulle nie altyd die kapitaal om uit hul posisie te kom nie.”

’n Ander se raad aan markdeelnemers wat ook wil spekuleer: Besef dat ’n primêre funksie van die beurs vir “natuurlike” verkopers (produsente) en kopers (meulenaars) verskansing is, en nie noodwendig spekulasie nie. “As jy ook wil spekuleer, doen dit liewer op kleiner skaal.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.00
-0.9%
Rand - Pond
19.92
-2.5%
Rand - Euro
17.62
-1.4%
Rand - Aus dollar
11.68
-0.4%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,660.09
+0.0%
Silwer
18.73
-0.9%
Palladium
2,212.53
+2.9%
Platinum
869.00
+0.3%
Brent-ruolie
89.32
+3.4%
Top-40
56,921
-0.9%
Alle aandele
63,264
-0.9%
Hulpbronne 10
59,793
+3.3%
Industriële 25
76,769
-2.2%
Finansiële 15
13,707
-2.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir die lewe saam met sielsgenoot
Christen, Eerlik, opreg, liefdevol, omgee, rolbal ,stap, reis, baie goeie humorsin, intelligent, sing en fluit graag , koorsanger en solo, uiteet, dans. Grapjas
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot