AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
9998,4
-117,60
CORN
20 Mrt
-
4457,6
-43,40
SOYA
20 Mrt
-
8505
-103,00
SUNS
20 Mrt
-
9390
-248,00
WEAT
20 Mrt
-
6630
-41,00
WMAZ
20 Mrt
-
3950
-38,00
YMAZ
20 Mrt
-
4156
-27,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
0,00
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
0,00
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,00
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
0,00
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
0,00
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
0,00
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
0,00
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,00
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
0,00
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
0,00
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,00
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
0,00
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,00
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
0,00
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
0,00
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
0,00
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,00
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
0,00
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,00
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,00
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
0,00
Deel

Spogkandidate vir VS-jongboer bekend

Vrystaat Landbou het die finaliste vir hulle Jongboer van die Jaar-kompetisie aangekondig.

Vrystaat Landbou het drie finaliste aangewys vir hul Jongboer van die Jaar-kompetisie met die wenner wat op 6 April tydens die jaarlikse jongboerkonferensie in Bloemfontein aangewys sal word.

Sprekers by die geleentheid sal mnre. Jacques Celliers, hoof-uitvoerende beampte van FNB, en dr. Dirk Strydom, Graan SA se bestuurder vir graanekonomie en -bemarking, en die motiveringspreker Myan Subrayan insluit.

Die doel van die kompetisie is volgens 'n verklaring van Vrystaat Landbou om jongboere deur die georganiseerde landbou te bemagtig vir volhoubare groei.

Vanjaar se finaliste is:

Willie Stols

Stols boer byna 11 jaar al op die plaas Gelykvlakte in die Vierfontein-omgewing saam met sy vrou, Wilmien. Dié plaas is reeds 108 jaar in die Stols-familie se besit.

Met 'n visie om sy besigheid meer op presisieboerdery toe te spits, probeer hy om meer doeltreffend en winsgewend te boer.

Sy boerdery bestaan tans uit wit mielies (40%; 450ha), sonneblom (25%; 250ha), met die res verdeel in geel mielies, skape en beeste.

Stols sê jongboere sal in die toekoms verantwoordelik wees om voedselsekerheid in Suid-Afrika te verseker. "Om te oorleef gaan ons winste en verdienste moet verhoog om 'n positiewe bydrae tot oorlewing en die ekonomie van ons land te maak," sê hy.

WillieEnWilmienStols

Mnr. Willie en mev. Wilmien Stols. Foto: Vrystaat Landbou

Johan van Huyssteen

Dié finalis boer saam met sy pa op die plaas Bloekom in die distrik Virginia. Bygestaan deur sy vrou, Juanita, probeer Van Huyssteen om sy eienskappe as perfeksionis en beplanner gebruik om sukses te behaal.

Sy boerdery bestaan uit 2500ha mielies, terwyl hy probeer om 'n kudde beeste met tyd saam op te bou. Hy fokus op volhoubaarheid, effektiewe en presisieboerdery om goeie opbrengste in droë omstandighede te lewer.

Risiko is ongelukkig ook deel van die prentjie. Van Huyssteen probeer wisselvallige produkpryse bestuur deur saam met maatskappye te werk wat die nodige inligting kan verskaf. "Met goeie inligting kan goeie besluit geneem word wat so risiko's beperk," sê hy.

JohanEnJuanitaVanHuyssteen

Mnr. Johan en mev. Juanita van Huyssteen. Foto: Vrystaat Landbou

Herman Archer

Archer is reeds vyf jaar 'n merinoboer op die plaas Settlement naby Trompsburg. Hy probeer buite die boks dink met probleme en verkies om eerder met oplossings as klagtes vorendag te kom. Sodoende hoop hy om 'n verskil in sy gemeenskap en in die landbou te maak.

Sy visie vir sy boerdery sluit in om topgehaltewol en -lammers te lewer. Roofdiere, veldbrande en wisselende weersomstandighede is van die probleme wat hy die hoof moet bied om sukses te behaal.

Archer glo jongboere het 'n belangrike rol te speel in die Suid-Afrikaanse ekonomie.

"Jongboere benader die landbou en ekonomie met 'n ander perspektief en dink buite die boks, wat belangrik is om die landbou te bevorder," sê hy.

HermanArcher

Mnr. Herman Archer. Foto: Vrystaat Landbou

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.52
-0.6%
Rand - Pond
22.74
-1.6%
Rand - Euro
19.86
-0.8%
Rand - Aus dollar
12.44
-1.2%
Rand - Jen
0.14
-1.3%
Platinum
988.38
+2.1%
Palladium
1,411.23
-0.0%
Goud
1,978.75
-0.5%
Silwer
22.54
-0.3%
Brent-ruolie
72.97
-2.4%
Top-40
68,799
+2.6%
Alle aandele
74,271
+2.4%
Hulpbronne 10
65,660
+4.2%
Industriële 25
99,818
+2.8%
Finansiële 15
15,066
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hou van kamp
Gemaklik met vriendelike geaardheid. Goeie waardes heg baie waarde aan eerlikheid. Natuur en kamp is van my voorkeure. Gesond en sportief. Bok vir sport
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot