Talle buitelandse eienaars en afrigters van renperde trek vandag in Kaapstad saam vir die jaarlikse veiling van jaaroudvullens wat in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (KIKS) begin.
Vanjaar word altesame 55 stoeterye op die Cape Premier Yearling-veiling verteenwoordig. Mnr. John Koster, mede-eienaar van die Klawervlei-stoetery op Bonnievale, sê daar word sowat 60 buitelandse kopers verwag.
Daar sal waarskynlik groot bedrae uitgehaal word om een van die talle spogperde aan te skaf. Verlede jaar het kopers binne die eerste twee uur van die veiling twee perde vir R1 miljoen of meer gekoop. Daar was sowat 2 000 belangstellende kopers op dié aand teenwoordig.
Dié veiling is 'n groot toerismegeleentheid vir die Wes-Kaap.
26 Januarie 2012