AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Springbok haal R1,2 miljoen op wildveiling

Rekordpryse het gespat op die jaarlikse 3G-wildveiling by Jan Kempdorp waar R1,2 miljoen onder meer vir 'n ‘gewone’ springbok opgedok is.

Die SA rekordpryse het gespat op die derde jaarlikse 3G-wildveiling by Jan Kempdorp in die Noord-Kaap, waar onder meer 'n gewone springbokram, met geen kleurvariasie nie maar besonderse horings en bouvorm, vir 'n asembenemende R1,2 miljoen van die hand gesit is.

Basjan is 'n drie jaar oue Kalahari-ram van mnr. Johan Viljoen, skaapboer en springbok-teler van die Richmond in die Karoo, spog met 'n horinglengte van 18 en twee-agstes duim, sê mnr. Aitjie van Wyk, stigter en organiseerder van die 3G-veiling.

Drie koperspringbok-ramme van John en Mark Lake van Patterson in die Oos-Kaap het die veiling-omset in 'n ommesientjie met nog amper R12 miljoen laat klim. Twee van hulle is vir R4 miljoen elk opgeveil, en die bod op  die derde, jonger ram is op R3,8 miljoen toegeslaan.

Nog 'n kopie wat die tonge laat klap het, was 'n njala-bul van Bertus en Elene Gerhardt, wat teen R1,8 miljoen van die hand gesit is.

Die Lakes, wat die grootste trop koffie-springbokke in die land het en al oor etlike geslagte dié bokke opteel, se koffie-ramme is op verlede jaar se 3G-veiling rondom R480 000 stuk verkoop.

Nog 'n verkoper wat vanjaar breed geglimlag het, was Julian Theron, bekende springbok-teler van Jules of the Karoo Safaris, ook buite Richmond. Hy het veertig ramme op die veiling aangebied, waarvoor talle vir meer as R100 000 verkoop is. Sy hoogste ramprys was R135 000.

Johan Lamprecht, 'n wildteler van Postmasburg, het ook 'n paar miljoen rand in die sak gesteek. Sy saalrug-witblesbokram is teen R5,5 miljoen van die hand gesit, en 'n ooi teen R2,6 miljoen.

Geel blesbokke het vir verdere opslae gesorg. Randy Westraad van Bloemfontein se ooi-trop is teen gemiddeld R500 000 elk van die hand gesit, en sy twee ramme teen onderskeidelik R600 000 en R500 000. Cremora, 'n geel blesbokram van Casper de Klerk van die Oos-Kaap, het Westraad se ramme met 'n prys van R650 000 getroef.

Ook bont blesbokke het die halfmiljoen rand-kerf ver oortref. 'n Jong ram van Bultfontein het R625 000 gehaal, en ooi-pryse het van R220 000 tot R440 000 gewissel.

Benewens die miljoene wat aan kleurvariasie-diere op die veiling bestee is, was die bedrae wat vir gewone wild van uitstaande genetiese gehalte uitgehaal is, waarskynlik nog meer noemenswaardig. 'n Gewone blesbok-ram van Roelf Jordaan van Ladybrand is teen R38 000 verkoop, en twee van sy blesbok-ooie teen R20 000 stuk.

Van Wyk sê die meeste verkopers op die veiling is wildtelers wat al oor baie jare ernstig oor die langtermyn-teel van diere van uitsonderlike genetiese gehalte is. “Dit gaan 100% oor die diere; glad nie oor wie die teler is nie. Die deelnemers is ouens wie se mikpunt dit is om oor drie of vyf jaar ‘n uitsonderlike dier vir die veiling te teel.”

Vanjaar se totale veiling-omset was R83,5 miljoen. Altesaam 507 kopers was geregistreer, en 'n geskatte 3500 mense het die veiling bygewoon.

Byskrif: So lyk die horings van die Njala-bul wat vir R1,8 miljoen van die hand gesit is. Foto: Verskaf

Njala

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
20.16
+0.2%
Rand - Euro
17.68
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,661.25
+0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot