Reaksies wissel van ’n wag-en-kyk-benadering om te sien watter voordele daaruit kan spruit, tot volkome oorweldiging.
Boere in droogtegeteisterde gebiede het net begin asemhaal nadat somerreënpatrone na normaal begin terugkeer het, toe reuseswerms sprinkane die hoop vir die opbou van voerbanke in die veld laat verdwyn het.
Swerms bruinsprinkane (Locustana pardalina) word sedert 2020 in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap gewaar, met uitbrekings in die huidige reënseisoen wat al van September en Oktober gewaar is.