
’n Vlieënier wat besig was om gewasse by Sedibeng in Gauteng te bespuit, het ongedeerd van ’n ongeluk weggestap nadat sy vliegtuig gister (25 Januarie) tydens ’n vlug hoogspanningsdrade getref het.
Crop sprayer Delmas today @DALRRDgov_ZA @WCGovAgri @landbou @flyafricaworld south africa pic.twitter.com/9o9uyaC5MG
— Some One (@infor_anton) January 25, 2022
Luidens ’n voorvalverslag van die Burgerlike Lugvaartowerheid (BLO) van Suid-Afrika het die vliegtuig se stert tydens die sesde spuitlopie aan hoogspanningsdrade geraak. Die vlieënier was die enigste insittende van die Air Tractor-spuitvliegtuig.
Die impak van die botsing met die hoogspanningsdraad het die vertikale roer van die vliegtuig sodanig beskadig dat die vliegtuig sowat 800 m verder neergestort het. Die stert het afgebreek toe die vliegtuig die grond tref, maar die kajuit was grootliks onbeskadig.
Geen beserings is aangemeld nie. Die BLO ondersoek die voorval.