AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

'Staat het renosters verraai'

Kenners sê renosterstropers en diereregte-aktiviste "is die enigste wenners" nadat bekend gemaak is dat Suid-Afrika nie by Cites sal aansoek doen vir die opheffing van die verbod op die handel in renosterhoring nie.

“Die enigste mense wat nou iets het om te vier, is die kriminele wat onwettig met hul horings handel dryf en die oningeligte diereregte-aktiviste wat dink die renoster kan voortbestaan sonder volhoubare benutting.” Só het dr. Peter Oberem, voorsitter van Wildbedryf SA, aan Landbouweekblad gesê nadat mnr. Jeff Radebe, Minister in die Presidensie, aangekondig het dat die Suid-Afrikaanse Regering nie by die Konvensie vir Internasionale Handel in Bedreigde Spesies en Fauna en Flora (Cites) sal aansoek doen vir die wettiging van die handel in renosterhoring nie.

“Die aanbevelings ondersteun Suid-Afrika se geïntegreerde bestuursbenadering om die onwettige jag van renosters en onwettige handel te hanteer,” het Radebe in die Parlement gesê. Hy het later gesê dat die Kabinet die aanbevelings aanvaar het van die komitee wat deur me. Edna Molewa, Minister van Omgewingsake, aangestel is om vas te stel of handel in renosterhoring kan help om die land se renosterbevolking te bewaar.

“Dit is 'n lafhartige stap van die Regering,” sê mnr. Pelham Jones, voorsitter van die SA Renostereienaarsvereniging. Hy sê die verbod op handel in renosterhoring het sedert 1977 nie daarin geslaag om 'n enkele renoster se lewe te red nie. “Dit het wel gesorg dat 23 lande in Afrika ál hul renosters verloor het, daar is net tien lande op die vasteland wat renosters het en net vyf van daardie lande het lewensvatbare bevolkings. Uganda het byvoorbeeld net 13 renosters oor.”

Jones sê al wat die verbod reggekry het, was om meer as 100 000 renosters uit te lewer om deur stropers afgemaai te word. “Ons as renostereienaars het swart op wit vir die minister gewys hoe ons volhoubaar met renosters kan boer en hul voortbestaan verseker. Maar ons is nie die grootste verloorders nie. Die renosters is die grootste verloorders,” sê Jones.

“Ek hoop diegene wat die staat oortuig het om op die huidige trant voort te gaan, is daar om die volgende karkas van ‘n renoster op te laai wat wreedaardig deur stropers doodgekap is.”

Mnr. Alfred Moagi, woordvoerder van Molewa, sê die minister is tans oorsee en hy kan nie namens haar praat nie. “Ons sal Maandag volledig kommentaar kan lewer,” het hy gesê.

Sedert haar departement in 2009 ’n moratorium ingestel het op die plaaslike handel in renosterhoring, het die onwettige jag van renosters toegeneem. Dié moratorium is in Januarie vanjaar opgehef.

Molewa het in 2013 aan Landbou.com gesê 'n verslag sal gereed wees om op die 17de kongres van Cites vanjaar oor die opheffing van die internasionale verbod voorgelê te word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
+0.1%
Rand - Euro
17.37
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot