Nóg 72 trekker-‘‘pakkette’’ ter waarde van R420 miljoen gaan vir opkomende boere in sewe provinsies aangekoop word.
In ’n loodsprojek sowat twee jaar gelede in Mpumalanga en KwaZulu- Natal is minstens 85 trekkers vir R230 miljoen aangekoop. Die pakkette behels die voorsiening en instandhouding van trekkers.
Die aanvanklike projek het erg skipbreuk gely omdat nie vir instandhouding en lopende koste begroot is nie en die trekkers maande lank nie gebruik is nie. Mnr. David Mabusa, die destydse minister van landbou in Mpumalanga, word betrek by ’n korrupsie-ondersoek wat met die aanvanklike tender verband hou.
Die saak is nog nie afgehandel nie. Die Landbounavorsingsraad het 47 tenders vir die nuwe projek ontvang, blyk uit ’n antwoord op parlementêre vrae van mnr. Lourie Bosman, DA-LP vir landbou. Dit is nog nie toegeken nie.
4 Januarie 2012