AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9423
0,00
CORN
28 Sep
-
4756
0,00
SOYA
28 Sep
-
9247
0,00
SUNS
28 Sep
-
9708
0,00
WEAT
28 Sep
-
7006
0,00
WMAZ
28 Sep
-
4779
0,00
YMAZ
28 Sep
-
4682
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Staat se trekkers staan oral ledig

Trekkers wat vir opkomende boere geoormerk is, het nog nie hul bestemmings bereik nie of is in onbruik.

Navorsers van die Parlement gaan ondersoek doen na wat die impak van die meganisasieprogram vir opkomende boere is, nadat heelwat trekkers glo nog nie by dié boere uitgekom het nie.

Dit volg omdat die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye nie met sekerheid die impak wat die trekkers en werktuie wat hierdie boere moet help om kos op die tafel in landelike gebiede te sit, aan die portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye kon gee nie.

In die 2010-’11 geldjaar het die departement R100 miljoen begroot vir dié program.

Die komitee het gehoor dat trekkers in die Noord-Kaap nog in plastiek gehul is, die Wes-Kaap het syne eers onlangs gekry en heelwat van die trekkers is in onbruik in ander provinsies omdat hulle bande stukkend is of nie gediens word nie.

Elke provinsie kry 72 trekkers
Volgens dr. Sizwe Mkhize, adjunkdirekteur vir voedselsekuriteit en landbouhervorming, het elke provinsie 72 trekkers gekry en Mpumalanga en Kwazulu-Natal wat voorheen reeds trekkers gekry het, het 85 bygekry. Hierdie twee provinsies het onderskeidelik sowat 400 en 290 trekkers van die Regering gekry.

Hy het gesê dat altesaam 143 468 ha grond in die nege provinsies teen einde Januarie vanjaar met dié trekkers bewerk was.

In die Oos-Kaap is 9 112 ha, Vrystaat 2 912, Gauteng 2 036, Kwazulu-Natal 27 104, Limpopo 3 938, Mpumalanga 81 338, Noord-Kaap 977 en Noordwes 16 051 ha bewerk. Die Wes-Kaap se trekkers is eers einde Februarie aan die departement oorgedra.

Die provinsies self besluit hoe die trekkers versprei word.

Wat is impak op voetsoolvlak?
Mnr. Pieter van Dalen, DA-LP, het gevra dat ‘n ondersoek na die meganisasieprogram gedoen word om die impak daarvan op voetsoolvlak te bepaal. Hy het bygevoeg dat die komitee wil sien dat voltydse werke geskep word om mense uit armoede te lig.

Mnr. Salam Abram, ANC-LP, het uitgewys dat die departement soos ‘n afkophoender te werk gaan. Volgens die departement het hy nie enige mag om provinsiale departemente in te roep om saam verslag by die Parlement te doen oor die program nie. Die komitee moet self die LUR’e van die verskeie provinsies hieroor nader.

Abram het gesê hy kan nie aanvaar dat die nasionale departement miljoene aan die provinsiale departemente gee, maar hulle nie tot verantwoording roep nie. Die Oos-Kaap, Noord-Kaap, Kwazulu-Natal en Wes-Kaap het amptenare na die vergadering gestuur.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.14
-0.7%
Rand - Pond
19.40
-0.4%
Rand - Euro
17.33
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.7%
Goud
1,623.15
-0.4%
Silwer
18.12
-1.5%
Palladium
2,066.65
-0.5%
Platinum
845.00
-1.0%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
57,621
0.0%
Alle aandele
64,026
0.0%
Hulpbronne 10
56,997
0.0%
Industriële 25
79,272
0.0%
Finansiële 15
14,209
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Bleh
Plat op die aarde tipe mens soek n maatjie om dinge saak te doen🤭🙃en dinge saam meer te geniet
Geloof, Hoop, Liefde
Ek is sag en liefdevol, n omgee en hartsmens, wat lief is vir die natuur, diere, kinders en oumense. Ek hou van lag, selfs vir myself en kan lekker jonk van gees wees en steeds...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot