AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Staat wil helfte van elke plaas hê

Die Regering wil maar net nie afsien van sy plan dat werkers tot die helfte van elke plaas moet besit nie.

'n Nuwe voorstel waarvolgens boere 50% van hul grond kan behou, terwyl werkers op die oorblywende deel eienaarskap moet kry, is deur die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming onthul.

“Geen boer kan bekostig om die waarde en gebruik van 50% van sy plaas te verloor nie,” sê mnr. Hans van der Merwe, uitvoerende direkteur van Agri SA, oor dié voorneme van die Regering. “Die ontneming van grond sonder vergoeding is onregverdigbaar en diskrimineer teen die landbou.”

Die departement se uitgebreide finale konsep-dokument oor besitreg vir plaaswerkers is op 31 Maart by ’n werksessie aan belanghebbendes voorgehou. Dit het gevolg op ’n werksessie verlede Augustus in Soweto waartydens Agri SA en ander landbou-organisasies soortgelyke voorstelle teengestaan het.

Van der Merwe sê luidens die jongste dokument sal grondverdeling bereken word in verhouding tot werkers se bydrae tot die ontwikkeling van die plaas, gegrond op die aantal jare wat hulle op die plaas gewerk het.

In trust vir werkers
“ ’n Beleggings- en ontwikkelingstrust sal geskep word wat verteenwoordigend van aandeelhouers in die grond moet wees. Die vergoeding wat die Regering vir dié herverdelingsreëling betaal, sal nie die huidige grondeienaars toeval nie, maar in die trust gestort word om plaaswerkers te bemagtig om aan die boerdery deel te neem.

Van der Merwe sê Agri SA het op die werksessie sy steun vir die ideaal van verblyfsekerheid en bemagtiging van plaaswerkers herbevestig. “Ons het dit onomwonde gestel dat die voorgestelde beleid gebrekkig is en realisties gesproke nie in werking gestel kan word nie.”

Van der Merwe sê dit is onduidelik of grondverdeling daarvolgens verpligtend sal wees en of boere ’n keuse sal hê. “Agri SA het dit duidelik gestel dat hy die verpligte toepassing van só ’n beleid sal teenstaan en, indien nodig, tot in die Grondwethof sal beveg.”

Hy sê mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, het gesê sy departement sal nog twaalf maande lank met belangegroepe beraadslaag. Nkwinti het gesê dit is duidelik nou ’n klas- pleks van ’n rasse-kwessie, want wit én swart kommersiële boere het teen die voorstelle beswaar gemaak.

Möller maan tot kalmte
* Die voorsitter van Agri SA, mnr. Johannes Möller, sê politieke partye en politici wat die beste belang van Suid-Afrika voorop stel, moet hulle weerhou van uitsprake wat die landbou se beeld onnodig skade berokken, vertroue knou en uiteindelik ongunstig in uitvoer, werksgeleenthede en voedselsekerheid reflekteer.

Möller het kommentaar gelewer na aanleiding van die hoë profiel wat landboukwessies met stemwerwing het in aanloop tot die algemene verkiesing.

Hy sê dat daar veral twee agendapunte is wat die landbou ten nouste raak en waaroor leidende politieke partye uiteenlopende standpunte het, naamlik grondhervorming en arbeid. Dit blyk dat die potensiaal wat dit vir stemwerwing het, tot nadeel van die ontwikkeling van die bedryf en dié van deelnemers is. Dit word in die verkiesingstryd uitgebuit.  (Sien Minister Tina Joemat-Pettersson se bewerings oor Wes-Kaapse boere.)

“Nkwinti se raadplegingsproses oor grondhervorming is grootliks afgehandel en vind nou neerslag in wetgewing en die evaluering van implementeringsprogramme, soos onder andere voorgestel in die Nasionale Ontwikkelingsplan. Geoordeel aan onlangse voorstelle en uitsprake deur leier-politici, is daar egter op beleidsvlak steeds ‘n onafgehandelde agenda wat ernstige bedreigings vir grondeienaarskap inhou,” aldus Möller.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
-0.9%
Rand - Pond
20.04
+0.9%
Rand - Euro
17.57
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.47
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,709.15
-1.0%
Silwer
20.13
-4.5%
Palladium
2,252.00
-3.0%
Platinum
915.63
-1.9%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,250
-1.0%
Alle aandele
65,636
-1.0%
Hulpbronne 10
63,564
-1.6%
Industriële 25
79,295
-1.0%
Finansiële 15
13,993
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Natuurliefhebber
Alles in natuur , kamp wildtuine road trips tent chalets . Wil eerlikheid he , vrede vreugde en geluk met n gebalanseerde verhouding en moet mekaar kan ondersteun deur dik en dun
Kom ons skryf on eie verhaal
Baie vriendelik. Ek hou daarvan om in die buitelig te wees. Ek hou daarvan om in natuur. Ek doen scuba diving en ballroom dans. Ek hou daarvan om n iewers te gaan sit waar dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot