AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
9998,4
-117,60
CORN
20 Mrt
-
4457,6
-43,40
SOYA
20 Mrt
-
8505
-103,00
SUNS
20 Mrt
-
9390
-248,00
WEAT
20 Mrt
-
6630
-41,00
WMAZ
20 Mrt
-
3950
-38,00
YMAZ
20 Mrt
-
4156
-27,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
0,00
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
0,00
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,00
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
0,00
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
0,00
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
0,00
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
0,00
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,00
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
0,00
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
0,00
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,00
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
0,00
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,00
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
0,00
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
0,00
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
0,00
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,00
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
0,00
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,00
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,00
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
0,00
Deel

Staat wil tolpadproses verleng

Die konsultasieproses oor die instelling van toltariewe op Gautengse paaie moet verleng word, sê die Departement van Vervoer.

Die konsultasieproses oor die instelling van toltariewe op Gautengse paaie moet verleng word, sê die Departement van Vervoer.

Luidens 'n berig in Engineering News sê mnr. Tiyani Rikotso, hoofdirekteur in die kantoor van die Minister van Vervoer: “Ons verstaan dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) 'n sperdatum vasgestel het, maar kom ons laat mense toe om hul standpunte te opper.”

SANRAL het vroeër aangekondig dat die tolpaaie teen Februarie 2012 in werking tree.


Die tariewe sou ingestel word in ooreenstemming met die verlaagde tariewe wat in Augustus deur die Kabinet goedgekeur is: 24c per kilometer vir motorfietse, 40c per kilometer vir passasiersvoertuie, R1 per kilometer vir medium-groot vragmotors en R2 per kilometer vir swaar voertuie.


Verdere konsultasie

Rikotso sê verdere konsultasie is nodig oor die toltariewe en moontlike alternatiewe. “Ons sê gegewe die voortdurende en oorweldige belangstelling gedurende die eerste fase van die projek, en ten spyte van die afslag wat reeds deur die Kabinet goedgekeur is, moet ons bykomende konsultasieprosesse instel.”


Volgens Rikotso meen hulle die sperdatum moet deur die konsultasieproses gelei word. “ 'n Mens weet nie wat hieruit kan voortvloei nie. Sekere voorstelle maak vir ons sin, soos mense wat voorstel dat 'n deel van die koste by die brandstofheffing ingesluit moet word.”


Die departement is reeds van plan om dié maand oor die kwessie te vergader.


Goeie idee

Intussen sê mnr. Dawie Roodt, senior ekonoom van die Efficient-groep, dit is ironies dat tolpaaie 'n bykomende belastinglas vir verbruikers veroorsaak.


Hy sê in teorie is 'n tolpad 'n goeie idee omdat die gebruiker daarvan daarvoor moet betaal en die geld wat só ingesamel word, behoorlik toegewys en gebruik kan word.


Tans betaal die Suid-Afrikaanse verbuiker, volgens Roodt, egter dubbele belasting vir die land se paaie, want die belastinglas word nie weens tolpadkoste ligter gemaak nie.


Roodt meen wel die voorstel dat dié tolgelde gedeeltelik by die brandstofheffing ingevoeg moet word, is 'n goeie idee. “Dit beteken wel dat hulle verbruikers weer harder slaan met die prys van brandstof, maar dit is waarskynlik die keuse wat ek sou maak.”


Bron: Engineering News


2 November 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.52
-0.6%
Rand - Pond
22.74
-1.6%
Rand - Euro
19.86
-0.8%
Rand - Aus dollar
12.44
-1.2%
Rand - Jen
0.14
-1.3%
Platinum
988.38
+2.1%
Palladium
1,411.23
-0.0%
Goud
1,978.75
-0.5%
Silwer
22.54
-0.3%
Brent-ruolie
72.97
-2.4%
Top-40
68,799
+2.6%
Alle aandele
74,271
+2.4%
Hulpbronne 10
65,660
+4.2%
Industriële 25
99,818
+2.8%
Finansiële 15
15,066
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hou van kamp
Gemaklik met vriendelike geaardheid. Goeie waardes heg baie waarde aan eerlikheid. Natuur en kamp is van my voorkeure. Gesond en sportief. Bok vir sport
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot