AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4425
36,00
SOYA
24 Mrt
-
8115
-108,00
SUNS
24 Mrt
-
8680
-175,00
WEAT
24 Mrt
-
6350
31,00
WMAZ
24 Mrt
-
3821
34,00
YMAZ
24 Mrt
-
4018
3,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Staatsrede: Drama, ’n ramptoestand en beloftes

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Verskaf
Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Verskaf
Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagaand 45 minute laat sy staatsrede gelewer ná die EFF vir drama in die Stadsaal van Kaapstad gesorg het en uiteindelik deur veiligheidsmagte en die regering se veiligheidsdienste uit die stadsaal geneem is.

Hy het sy toespraak begin deur te sê hy hoop die regering se planne vir die volgende jaar, vir 2023, bring hoop aan Suid-Afrikaners. Talle kere het hy die frase “ons sal niemand agterlaat nie” herhaal.

Ramaphosa het nie doekies omgedraai nie en weggetrek deur te sê die enigste manier om die energiekrisis so gou moontlik aan te pak is die aankondiging van ’n nasionale ramptoestand.

"Buitengewone omstandighede noodsaak buitengewone maatreëls." Ramaphosa het gesê die energiekrisis is ’n “eksistensiële bedreiging” vir die land se ekonomie.

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het reeds die ramptoestand in die Staatskoerant gepubliseer.

Ramaphosa het gesê hospitale en wateraanlegte sal onder meer van beurtkrag kwytgeskeld word. Hy het niks oor die landbousektor in dié verband in sy toespraak gesê nie.

Hy het ook genoem daar sal ’n minister van elektrisiteit aangestel word wat “dag en nag” net daarop sal fokus om die krisis te bestuur. Dis nog nie bekend wie die minister gaan wees nie. 

Hierna het hy die regering se aksieplanne vir 2023 uiteengesit, en hoogtepunte uitgelig van hoe die regering die landsburgers die afgelope jaar ondersteun het.

Volgens hom maak die regering reeds ’n groot verskil deur kleinskaalse boere te ondersteun. Ongeveer 140 000 van hierdie boere het as deel van die regering se hulp koeponne ontvang om saad, kunsmis en toerusting te koop. “Ons wil nog 250 000 van hierdie koeponne aan dié boere beskikbaar stel.”

me thoko didiza
Me Thoko Didiza, minister van landbou, landelike ontwikkeling en grondhervorming, tydens die 2023 Staatsrede. Foto: Liana Mocke

Watersake só getakel

Ná verskeie jare van vertragings gaan die tweede fase van die Lesotho-hooglandprojek vanjaar “volskaals afskop”.

Groot projekte sal ook voortgaan om die kapasiteit van die Clanwilliam-, Hazelmere- en Tzaneen-dam te vergroot.

Hy het ook melding gemaak van waterlisensies en ’n verkorte tydperk om aansoeke te verwerk. “Ons het die agterstand met waterlisensies aangepak en die omkeertydperk van aansoeke tot 90 dae verminder.”

Maatskaplike verligting

Ramaphosa sê meer as 25 miljoen mense in die land kry die een of ander vorm van inkomsteondersteuning. “Ongeveer 60% van ons begroting word bestee aan wat ons die welsynstoelae noem. Die regering sal voortgaan met die maatskaplike noodtoelaag wat reeds 7,8 miljoen mense help.

“Ons sal verseker dat die bestaande welsynstoelae verhoog word om armes teen stygende inflasie te beskerm. Die minister van finansies sal meer hieroor in sy begrotingsrede sê.”

Groter polisiesigbaarheid

Meer polisielede sal ook op die land se strate gesien word. “Verlede jaar het ons onderneem om 12 000 nuwe polisielede in diens te neem. Sedertdien het 10 000 nuwe rekrute gegradueer en ons verwag nóg 10 000 sal vanjaar opgelei word.”

Met verwysing na staatskaping het hy gesê dit “moet en sal nie weer” in Suid-Afrika plaasvind nie.

Ramaphosa wil ook die beskerming van fluitjieblasers opskerp. Dit sluit in beskerming vir openbare amptenare wat bereid is om korrupsie en ongerymdhede aan die klok te hang.

Plan met munisipaliteite

Hy het erken te veel van die land se munisipaliteite is gebrekkig of in die moeilikheid. “Te veel munisipaliteite – 163 van 257 – ly onder swak en ondoeltreffende bestuur, en soms ook weens korrupte finansiële en administratiewe bestuur, asook swak dienslewering.”

Volgens hom is die regering besig om verskeie maatreëls in te stel om hierdie probleme by plaaslike regerings aan te pak en basiese dienslewering te verbeter.

“Dit sluit in meer amptenare en die opknap en instandhouding van infrastruktuur. Ons kyk ook hoe ons die magte van die nasionale regering kan gebruik om in te tree waar munisipaliteite nie hul verantwoordelikhede nakom nie.”

Transnet kry aandag

Ramaphosa het aangekondig deel van die regering se planne om Transnet reg te ruk, sluit in die vordering met die herstrukturering van Transnet Freight Rail. “Ons hoop om ’n afsonderlike infrastruktuurbestuurder vir die vragnetwerk teen Oktober vanjaar op die been te bring.

“Transnet en private maatskappye sal ook vennootskappe by die Durban- en Ngqura-vraghouerterminale finaliseer. Dit sal nuwe beleggings beteken en ons hawens se doeltreffendheid verbeter.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.21
-0.7%
Rand - Pond
22.29
-0.3%
Rand - Euro
19.63
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.14
-0.4%
Rand - Jen
0.14
-1.2%
Platinum
981.19
-0.4%
Palladium
1,411.09
-0.8%
Goud
1,987.60
-0.3%
Silwer
23.11
0.0%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
69,127
-1.3%
Alle aandele
74,609
-1.3%
Hulpbronne 10
63,520
-2.6%
Industriële 25
101,920
-0.7%
Finansiële 15
15,225
-1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees my Hoofstuk en ek jou Voorblad
Humoristies , Gemaklik , Openlik , Romanties , Eerlik , Sosiaal , Stout , Stuitig , Opreg , Hou van Buitelewe , Gelowig , Hardwerkend , Lojaal , Reguit , Opsoek na Lewensmaat...
Waarna soek jy
Hoekom is mense hier en kan aanlyn vir jou die antwoord wees Kom ons kyk, en nou kan mense in die boere taal gesels
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot