AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9610
22,00
CORN
30 Sep
-
4857
-7,00
SOYA
30 Sep
-
9460
68,00
SUNS
30 Sep
-
10185
-20,00
WEAT
30 Sep
-
7113,2
13,20
WMAZ
30 Sep
-
4911
19,00
YMAZ
30 Sep
-
4874,8
23,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Staatsrede: Grond ’n verwagte fokus

Grondhervorming en ander grondkwessies sal na verwagting ’n fokuspunt van Pres. Jacob Zuma se staatsrede wees.

Die verwagting is dat Pres. Jacob Zuma in sy staatsrede Donderdagaand (14 Februarie 2013) sal aankondig dat die grondeiseproses vir aansoeke heropen sal word. Versoeke daaroor kom sedert verlede jaar voor, met verskeie mense wat aandui dat hulle nie bewus was van die aanvanklike sperdatum in 1998 nie.
 
Dié verwagte stap kan deel vorm van die staat se herdenking van ’n eeu sedert die Wet op Naturellegrond in 1913 ingestel is. Luidens ’n berig in Die Burger het Zuma vroeër vanjaar aangekondig dat nasate van die Khoisan, wie se grond voor 1913 van hulle ontneem is, se aansoeke ook in aanmerking sal kom.
 
Gemeenskappe wat wel al grondeise ingedien het, maar onsuksesvol was, sal nie weer aansoek kan doen nie. Volgens die koerant sal die krisisse in die landbou, mynbou en vakbondwese ook op Zuma se agenda wees.
 
Onsekerheid oor grondoudit
Intussen vra mnr. Athol Trollip, woordvoerder oor Grondsake by die Demokratiese Alliansie (DA), dat Zuma lig moet werp op die oudit van staatsgrond, en of dit afgehandel is, al dan nie. Dít volg op ’n stelling van mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, vroeër die week: “Die staatsgrond is geouditeer.”
 
Trollip sê luidens ’n verklaring het hy op ’n vergadering van die portefeuljekomitee vir grondhervorming en landelike ontwikkeling die openbare dienskommissie versoek dat die verslag openbaar gemaak moet word. Die Adjunkminister en die direkteur-generaal (DG) van die departement kon albei egter nie aandui of die oudit wel voltooi is nie.
 
Die onvoltooide oudit word gereeld as ’n rede voorgehou oor hoekom grondhervorming sloer, maar die staat het al telkemale sy eie sperdatums vir dié oudit aangeskuif. Die verskillende boodskappe van die minister, sy adjunk en DG is, volgens Trollip, kommerwekkend, en hy versoek Zuma om duidelikheid daaroor in sy staatsrede te verskaf.
 
“Die President moet bevestig of die oudit voltooi is en wanneer dit vrygestel sal word. As dit nie voltooi is nie, moet hy die staat verbind tot ’n sperdatum vir die voltooiing daarvan, en verseker dat hierdie keer by die datum gehou word,” aldus Trollip.
 
Bron: Die Burger
 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.94
+0.1%
Rand - Pond
20.06
-0.5%
Rand - Euro
17.62
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.68
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,669.63
+0.5%
Silwer
19.12
+1.6%
Palladium
2,222.29
+0.8%
Platinum
877.01
+1.0%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,353
+0.8%
Alle aandele
63,631
+0.6%
Hulpbronne 10
60,651
+1.4%
Industriële 25
77,091
+0.4%
Finansiële 15
13,746
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel man wat op soek is na pasmaat om leemte te vul. te vul
Ek is eerlik en is gelykmatig in persoonlikheid. Hou van lag en sal nooit afbrekend teenoor iemand optree nie. Hou van goeie eerlike gesprekke.
Ek wil weer in liefde glo
Ek is energiek, spontaan, lewenslustig, positiewe uitkyk op die lewe. Hou van buite lewe. Ek is ñ mense mens en is gek oor diere. Ek is saf van geaardheid maar baie ferm in...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot