AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Staatsrede: Landbou-organisasies sê daad moet by woord gevoeg word

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS
Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS
Die tyd vir mooi woorde is verby en die regering moet tot aksie oorgehaal word, sê die georganiseerde landbou.

Pres. Cyril Ramaphosa se 2022 staatsrede is vol herstelplanne vir die Suid-Afrikaanse ekonomie, maar die regering se beleidsomgewing maak die uitvoering van die planne onseker, sê mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, na aanleiding van vanjaar se stadsrede wat gisteraand in die Kaapstadse stadsaal gelewer is.

In sy toespraak het Ramaphosa onder meer verwys na die ekonomiese heropbou-en-herstelplan, wat werkskepping prioritiseer en reeds toegepas word, ’n plan vir ekonomiese herstel en groei, wat binne die volgende 100 dae opgestel moet word, asook planne om die ramptoestand af te gelas en grootskaalse hervorming by Eskom en Transnet te bewerkstellig. Daar is ook duidelik gemaak dat grondhervorming sal voortgaan.

Van Zyl sê dit is reg dat op ekonomiese groei gekonsentreer word, want daarsonder is daar geen kapasiteit om enige van die ander noodsaaklike aspekte wat Ramaphosa genoem het, aan te pak nie.

Die regering se beleidsomgewing skep egter volgens hom nie vertroue in die private sektor nie, terwyl die regering op die private sektor staatmaak vir werkskepping. “Die spreekwoordelike ekonomiese koek moet vergroot word. Vir die ekonomiese koek is die koekbakkers die ondernemers of entrepreneurs en die bestanddele vir die koek is beleggings. Beleggings sal net realiseer as die beleidsomgewing gunstig is om die nodige vertroue te skep.

“Met verloop van tyd het die regering met sy beleidsomgewing onsekerheid geskep en die gevolg is sy bestanddele het opgedroog. Daar word nou met spreekwoordelike gemaalde beesmis (kaderontplooiing, swart ekonomiese bemagtiging, korrupsie, ens.) gebak pleks van koekmeel. Die staatsrede het nou al iets soos ’n versiersuikerlagie geword om hierdie onbruikbare en oneetbare koek te laat mooi lyk.

“Suid-Afrika stik nou al lank aan die gevolge van hierdie misbaksel van ’n koek. Die probleme soos vervalle infrastruktuur, werkloosheid, swak skoolopleiding, die onvermoë om na die inwoners van die land se veiligheid om te sien en vele ander raak net al hoe erger. As gevolg van juis kaderontplooiing en SEB is die kundigheid om te kan lewer op al die voorstelle van die staatsrede erg gedreineer. Voeg dan daarby die plundering van die staatsfinansies op alle vlakke en die perfekte ekonomiese storm is op ons.

“In die lig hiervan is dit moeilik om enigsins waarde te heg aan die staatsrede in die sin dat dit slegs retoriek geword het en net die versiersuiker word voorgehou as die pad vir die toekoms. Die ANC met sy verbintenis tot ’n ideologie waarbinne die SAKP en Cosatu hom gevange te hou tot ’n benadering wat wêreldwyd nog net armoede en hartseer geskep het, plaas enige ekonomiese aankondiging onder groot verdenking.”

Van Zyl sê TLU SA verwelkom Ramaphosa se erkenning dat die private sektor oorreguleer word en sy aankondiging dat die koste van digitale kommunikasie goedkoper sal word.In reaksie op Ramaphosa se aanspraak dat die landbou die potensiaal het vir grootskaalse werkskepping, sê Van Zyl dat die minimum loon dié idee kan nek omdraai.

LANDBOU GEREED OM SAAM TE WERK

Mnr. Francois Strydom, voorsitter van die landbousakekamer Agbiz, sê die landbousektor is gereed om met die regering saam te werk om inklusiewe ekonomiese groei te bewerkstellig en werksgeleenthede te skep.

“Die erkenning dat ’n bemagtigende sake-omgewing belangrik is om investering te lok en werkloosheid asook trae ekonomiese groei te verlig, is betekenisvol. Ons het al soortgelyke stellings vantevore gehoor, maar die klem op energiesekerheid deur ingebedde opwekking, belegging in hawe-infrastruktuur en die versoek dat derde partye by spoorvervoer betrokke raak, wys dat die sakewêreld se bekommernisse op die hoogste vlak gehoor word.”

Mnr. Theo Boshoff, uitvoerende hoof van Agbiz, sê daar moet nou daad by die woord gevoeg word. “Sake-instellings werk reeds voortdurend agter die skerms in vennootskappe met belangrike belanghebbendes soos Transnet om struikelblokke vir uitvoergedrewe, inklusiewe groei uit die weg te ruim. Besprekings word reeds gevoer om praktiese en pragmatiese oplossings te vind vir korttermynkwessies ten einde samewerking en geleenthede op lang termyn te ontsluit.”

Hy sê die klem op die verbetering van infrastruktuur is veral noemenswaardig aangesien die meeste van Suid-Afrika se landbouprodukte padlangs vervoer word en die helfte daarvan uitgevoer word.

KLEM OP INFRASTRUKTUUR

Mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, sê die organisasie verwelkom Ramaphosa se ondernemings teenoor die landbousektor, spesifiek die onderneming om aandag te gee aan hawens, paaie en ander infrastruktuur. “Ons verwelkom ook die president se erkenning dat die landbousektor ’n belangrike bydrae tot werkskepping lewer en dat hy dié bydrae en die sektor se uitvoerpotensiaal wil uitbrei.”

Nog ’n gunstige ontwikkeling is die daarstelling van ’n grondontwikkelingsagentskap wat die landbousektor die geleentheid sal gee om regstreeks by grondhervorming betrokke te raak en te verseker dat dit op ’n ordelike wyse geskiet. “Die president het aangedui dat grondhervorming binne die raamwerk van die huidige Grondwet sal geskied. Dit is vir ons ’n belangrike skuif van onteiening sonder vergoeding na ’n ordelike proses wat op grondwetlike beginsels gegrond is.”

Hy sê Agri SA is tevrede dat onderneem is om Eskom reg te ruk ten einde die opwekking van krag te herstel en stabiliseer, asook die ontsluiting van die mark vir private ondernemings om groen krag aan die netwerk te kan lewer.

Dit is volgens hom belangrik dat Ramaphosa erken het dat die private sektor ’n groot rol in werkskepping en ekonomiese groei speel.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.92
-0.8%
Rand - Pond
20.02
+0.6%
Rand - Euro
17.58
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.50
+0.4%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,711.48
-0.3%
Silwer
20.57
-0.4%
Palladium
2,275.50
+0.8%
Platinum
927.00
+0.5%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek....
Eks n kind van God. Eerlik, opreg en vriendelik. Het 2 kinders wat alles beteken vir my. Hou van motorsport, kamp en buitelug. Waardes en lojaliteit baie belangrik asook...
Hang jou drome in die wind, sodat hulle kan leer vlieg.
My persoonlikheid is baie aanloklik Baie vriendelik en baie reguit. Hou glad nie van brand kosse nie. Hou baie van pastas asook hou van geleentheids avontuure. Buitelig mens My...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot