AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4802
0,00
SOYA
05 Okt
-
9140
0,00
SUNS
05 Okt
-
10053
0,00
WEAT
05 Okt
-
7105
0,00
WMAZ
05 Okt
-
4830
0,00
YMAZ
05 Okt
-
4755
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Staatsrede: Paaie, veiligheid op landbou se wenslys

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Vir die eerste keer in die geskiedenis van die demokratiese bestel moes die parlement ná ’n brand “geskuif” word. Pres. Cyril Ramaphosa lewer daarom vanjaar sy staatsrede in die Kaapstadse stadsaal. Foto: GCIS
Vir die eerste keer in die geskiedenis van die demokratiese bestel moes die parlement ná ’n brand “geskuif” word. Pres. Cyril Ramaphosa lewer daarom vanjaar sy staatsrede in die Kaapstadse stadsaal. Foto: GCIS
Pres. Cyril Ramaphosa lewer vanaand sy sesde staatsrede.

Om te verseker dat die landbousektor sy momentum behou sal pres. Cyril Ramaphosa in sy staatsrede besliste aandag moet gee aan landelike veiligheid, toegang tot grond, toegang tot werkskapitaal en belegging in infrastruktuur en tegnologie, meen mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA.

Ramaphosa lewer vanaand sy sesde staatsrede in ’n tyd waar die ekonomie sukkel om kop op te tel, die covid-19-pandemie steeds woed, korrupsie steeds hooggety vier en grootskaalse werkloosheid voorkom. Veral die werkloosheidskoers laat kommer ontstaan dat gewelddadige onluste en plundery, soos in Julie verlede jaar in KwaZulu-Natal en Gauteng, weer kan uitbreek.

Nadata ’n brand ’n maand gelede die parlementêre geboue beskadig het, sal Ramaphoa sy staatsrede in die Kaapstadse stadsaal lewer.

Die landbousektor het in die covid-19-pandemie sterk gestaan, in 2020 meer as R119 miljard tot Suid-Afrika se bruto binnelandse produk bygedra en in 2021 aan meer as 800 000 mense werk verskaf. Van der Rheede sê die sektor se prestasie het die belangrikheid van suksesvolle van boere en boerderygemeenskappe in die Suid-Afrikaanse ekonomie onderstreep.

Aandag

Landelike veiligheid is van groot belang om voedselsekerheid te verseker. As boerderygemeenskappe nie veilig gehou word nie, sal die aantal boere in Suid-Afrika afneem en die sektor sal nie nuwes kan lok nie. “Landelike veiligheid gaan nie net oor boere nie, dit gaan oor die werkers en die gemeenskappe wat voedselproduksie ondersteun.”

Ramaphosa moet inisiatiewe wat toepasbaar is, aankondig om met landelike gemeenskappe saam te staan om landelike veiligheid ’n nasionale prioritiet te maak en voedselsekerheid vir Suid-Afrika te verseker.

Rakende toegang tot grond en verblyfsekerheid moet die staat afstand doen van onteiening sonder vergoeding en twee ingrypings vir betekenisvolle grondhervorming toepas: Maak staatsgrond beskikbaar vir swart, vrouelike en jeugdige toetreders tot die landbousektor en verskaf verblyfsekerheid aan swart en vroulike toetreders op die grond waarop hulle boer sodat hulle dit kan gebruik om toegang tot kapitaal te kry.

Bates soos grond en oordragbare waterregte is belangrik vir boere om toegang tot kapitaal te kry. Benewens onteiening sonder vergoeding het die staat boonop ’n aanval gedoen op oordragbare waterregte.

Rampahosa moet ook daadwerklike stappe aankondig om Suid-Afrika se haglike pad- en spoornetwerk te verbeter.

Infrastruktuur knelpunt

TLU SA sê dis belangrik dat energievoorsiening en infrastruktuur onmiddellik aandag moet kry.

Mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, sê paaie is so sleg dat boere nie hul produkte van die plaas af kan kry nie. Vervoerkontrakteurs is nie meer bereid om na plase te ry nie weens die swak toestand van paaie. Daar moet iets daadwerklik gedoen word om die situasie om te keer. ’n Moontlikheid is dat boere self die paaie laat herstel en die munisipaliteit skryf die koste teen belasting af.

Hy sê die regulasies van die covid-19-inperking maak nie altyd sin nie en dis tyd dat die ekonomie oopgestel word.

Die regering se hantering van rampe is ’n belangrike kwessie. “Die staat het die verantwoordelikheid om ná rampe hulp te bied om sake te help stabiliseer, maar hy doen niks nie. As die staat nie hierdie verantwoordelikheid aanvaar nie, gaan dit voedselsekerheid knou en dis die laaste ding wat Suid-Afrika nodig het.”

Hy benadruk dat voedselsekerheid van deurslaggewende belang is en waarsku dat “nie een ander rat gaan werk as daar nie kos op die tafel is nie”.

Die staat sal dus moet kyk hoe hy kan help ten opsigte van rampe. “Hy moet dit onmiddellik kan doen. Hy sleep voete, want dit duur twee tot drie jaar om ’n powere poging van stapel te stuur, indien enige.”

Maar die groot vraag is of die staat die wil en vermoë om dit te doen. Dit blyk hy is meer behep met sy eie ideologie en eie voortbestaan as om Suid-Afrika te red en die platteland betaal ’n prys daarvoor, sê Van Zyl. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.66
-0.1%
Rand - Pond
20.20
+0.1%
Rand - Euro
17.59
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.46
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,718.14
-0.5%
Silwer
20.81
-1.2%
Palladium
2,300.50
-1.0%
Platinum
926.00
-0.8%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,840
0.0%
Alle aandele
66,313
0.0%
Hulpbronne 10
64,568
0.0%
Industriële 25
80,073
0.0%
Finansiële 15
14,053
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my sielsgenoot
Ek is ń eerlike, opregte tipe man met vaste beginsels wat weet hoe om ń vrou met respek te behandel. Ek hou van reis, braai en dans.
Kom ons skryf on eie verhaal
Baie vriendelik. Ek hou daarvan om in die buitelig te wees. Ek hou daarvan om in natuur. Ek doen scuba diving en ballroom dans. Ek hou daarvan om n iewers te gaan sit waar dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot