AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
5067,6
107,60
YMAZ
06 Okt
-
4958
84,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Staatsrede: ‘Regering moet rigting kry’

In aanloop tot pres. Zuma se staatsrede sê Agri SA die land het nou, meer as ooit, sterk leierskap en rigting nodig.

Kwessies soos die Regering se louwarm benadering tot die droogte en uitsprake oor “radikale transformasie” en grondonteiening dra by tot landsburgers se groeiende ontevredenheid met hoe Suid-Afrika gelei word, meen Agri SA.

“Die noodseine vanaf die ekonomie en burgers van die land kan nie langer geïgnoreer word nie,” sê mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA. Hy voeg in ’n mediaverklaring by dat baie mense die land as rigtingloos beskou, “ ’n siening wat geregverdig word deur die realiteit van ons land wat beweeg tussen rommelstatus-kredietgradering en ’n desperate poging om beleggings te bekom”.

Oor grondhervorming sê Möller “die Regering het tot dusver niksseggende antwoorde gegee en het in werklikheid eerder duidelik onpraktiese opsies soos grondplafonne genoem. Die idee van onteiening het blykbaar die afgelope tyd veld gewen in politieke kringe. Gegewe fiskale druk is dit nie duidelik watter fondse beskikbaar kan raak in hierdie verband nie, aangesien onteiening vergoeding impliseer; behalwe as een of ander tipe radikale ingryping beoog word”.

Louwarm oor die groot droogte

Möller sê hy was ontnugter deur die Regering se louwarm benadering met die onlangse droogte. “Na my mening het ons as organisasie uiterste selfbeheersing aan die dag gelê in ons versoeke aan die Regering vir steun aan boere om een van die ergste droogtes in die geskiedenis die hoof te bied, maar sonder veel sukses. Duidelik kon huidige en toekomstige voedelsekerheidsoorwegings hulle nie tot beter insigte bring nie.”

“Dit is duidelik dat Suid-Afrikaners nie meer bereid is om uitgebuit te word as lammers ter slagting vir die sogenaamde openbare voordeel soos deur politici gedefinieer nie – laasgenoemde is meer dikwels verantwoordelik vir die agteruitgang in die land weens swak kuratorskap oor nasionale bates, swak bestuur van staatsondernemings, fiskale onkunde en vlakke van korrupsie wat epidemiese proporsies aanneem,” sê Möller.

Verwag visioenêre benadering

“Agri SA, saam met ander besigheidsvennote in Besigheidseenheid SA (Busa), wil beleidsekerheid hê oor ’n aantal transversale aangeleenthede, waarvan sommige soos bogenoemde, van meer direkte belang vir die landbousektor is. Pres. Zuma het in vorige staatsredes verwys na die Nasionale Ontwikkelingsplan. Enige aanduiding van of dit nog in die toekoms die ekonomie sal lei, sal baie help. Die rol van die Tesourie was baie belangrik om rommelstatus te vermy en fiskale dissipline te behou. Ons verwag van die president om dit te respekteer en ’n meer visioenêre benadering te verskaf oor hoe die vele ekonomiese en sosiale probleme in praktiese terme hanteer gaan word.”

“Ek glo dat pres. Zuma, soos alle leiers, ’n gerespekteerde nalatenskap wil nalaat, vorige interaksies met hom maak my seker daarvan. Ek vertrou dat ware staatsmanskap deur die staatsrede weerspieël sal word in die beste belang van Suid-Afrika.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.88
-0.6%
Rand - Pond
20.09
+0.2%
Rand - Euro
17.62
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,713.74
-0.2%
Silwer
20.52
-0.6%
Palladium
2,284.00
+1.1%
Platinum
921.50
-0.1%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,583
+0.6%
Alle aandele
65,998
+0.6%
Hulpbronne 10
63,142
-0.9%
Industriële 25
80,366
+1.4%
Finansiële 15
14,079
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boer soek boerin
Ek is 'n aangename persoon. Hou van mense. Lief vir diere en die natuur. Goeie humorsin. Ek is finansieël stabiel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot