AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Staking: Dubbele standaarde geld - Agri SA

Agri SA kla oor vakbonde se dubbele standaarde oor markkragte en stakings.

“Wanneer markkragte voedselpryse opwaarts laat beweeg, word produsente gewoonlik die teiken van kritiek en kom daar van tyd tot tyd oproepe vir prysbeheer en spesifiek prysplafonne uit vakbondgeledere. As stakings dieselfde effek uitoefen, soos nou met die vervoerstakings ’n werklikheid blyk te wees, dan is dit klaarblyklik aanvaarbaar omdat ’n bepaalde groepering kwansuis hul demokratiese reg uitoefen.”

Mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, wys dié feit uit veral weens die skade wat die landboubedryf weens die staking gely het. Luidens ’n verklaring sê die organisasie hulle het berigte ontvang uit die Onderberg waar daar op boere se vragmotors geskiet is wat suikerriet na ’n meule vervoer het. Terugvoer uit die Vaaldriehoek dui aan dat vragmotors wat groente uit dié gebied vervoer, ook in die visier is.

Bederfbare produkte
Möller sê die staking bemoeilik veral die situasie vir groenteboere, want groente kan slegs vir ’n beperkte tyd in koelkamers aangehou word voor die gehalte daarvan afneem, wat verliese tot gevolg het.

“Dit is nodeloos om te sê dat buitelandse kopers van veral vars produkte nie geduld sal hê met swakker gehalte of gebrekkige voorsiening as gevolg van plaaslike stakings en veral die impak wat dit op hawefasiliteite het nie,” sê Möller.

Mnr. Dawie Maree, senior ekonoom by Agri SA, sê volgens die Rooivleisprodusente-organisasie in die Wes-Kaap (WKRPO), is twee koeltrokke ook deur stakers beskadig. En van die koeltrokke wat vleis vervoer het, het uitgebrand, terwyl die ander een ernstig beskadig is toe dit onder klippe gesteek is.

Skadevergoeding
Die organisasie sê hy is bewus van die debatte wat tans die ronde doen oor verantwoordelikheid en skadevergoeding na aanleiding van skade wat tydens die staking aangerig is. Möller sê die landbou sal ook dié opsie bespreek. “Dit kan nie maar slegs vir die rekening van ’n demokratiese reg wees nie.”

Boere word aangemoedig om voorvalle van misdaad en intimidasie wat deur stakers gepleeg is, by hul naaste Polisiestasie aan te meld.

Terug werk toe
Intussen het sowat 15 000 stakende vragmotorbestuurders wat aan drie kleiner vakbonde behoort, aangedui dat hulle Woensdag, 10 Oktober 2012, sal terugkeer werk toe. Luidens ’n berig op News24.com het dié besluit druk geplaas op die South African Transport and Allied Workers’ Union (Satawu), wat sowat 28 000 werkers verteenwoordig, om ook ’n ooreenkoms aan te gaan.

Meer duidelikheid oor die ooreenkoms en Satawu se besluit was nie onmiddellik beskikbaar nie. Volgens die berig het die bedryf ’n verlies van sowat R1,2 miljard in omset per week weens die staking aangeteken.

Bron: News24.com

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.71
+0.7%
Rand - Pond
20.11
+0.5%
Rand - Euro
17.57
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.47
+1.3%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,712.93
+0.8%
Silwer
21.01
+1.4%
Palladium
2,320.00
+4.3%
Platinum
926.50
+2.4%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,376
+2.6%
Alle aandele
65,848
+2.5%
Hulpbronne 10
63,839
+3.6%
Industriële 25
79,378
+2.4%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opskrif
Ek is fun Om mee SAAM te wees. Hou van lag en Om te bederf. Hou van Kos maak, movie, shopping, uit eet, rond te loop in malls love Dans rugby braai . Om te hug hande vas the Hou...
Hierdie suikerbosie Wil saam jou Onder sterre en maanlig wees
My hart is opreg en ook net opsoek Na my Boer my baby Ek het waardes en my grootste trots is dat God my God is s
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot