AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9340
-83,00
CORN
28 Sep
-
4851,2
34,20
SOYA
28 Sep
-
9364
-33,00
SUNS
28 Sep
-
9975
79,00
WEAT
28 Sep
-
7046
-7,00
WMAZ
28 Sep
-
4888
48,00
YMAZ
28 Sep
-
4737,8
55,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Statutêre heffings bekommer vleisbedryf

Die Vleisbedryfstrust (VBT) is bekommerd oor die voortgesette finansiering van die SA Vleisbedryfsmaatskappy (Samic). 'n Memorandum wat die VBT in die bedryf gesirkuleer het, vra dat die opsie van statutêre heffings vir 'n tydperk van drie jaar ernstig oorweeg word. Gesels oor heffings

Die Vleisbedryfstrust (VBT) is bekommerd oor die voortgesette finansiering van die SA Vleisbedryfsmaatskappy (Samic). 'n Memorandum wat die VBT in die bedryf gesirkuleer het, vra dat die opsie van statutêre heffings vir 'n tydperk van drie jaar ernstig oorweeg word.

Samic kos die VBT R7 miljoen per jaar. Teen hierdie tempo sal die trust se kapitaalbasis binne vier tot vyf jaar totaal uitgeput wees. Die trust het Samic vroeg vanjaar gevra om alle betrokkenes onder die Samic-sambreel te nader vir voorstelle of aanduidings oor hoe die bedryf kan bydra om die toekoms van Samic te verseker.

Samic-lede is in die algemeen ten gunste van bydraes - sommige verkies verpligte bydraes en ander vrywillige bydraes. Net twee bedryfsorganisasies (vir varke en vir rooivleis) wag nog op kongresbesluite hieroor.

"Die trustees van die VBT meen egter dat die bedryf 'n doelbewuste poging moet aanwend om voortaan Samic se funksies in geheel te finansier. As dít nie gebeur nie, sal al die noodsaaklike take wat Samic nou vir die bedryf verrig, tot 'n einde kom wanneer die trust se kapitaalbasis binne die volgende paar jaar uitgeput is. As die bedryf nie 'n oplossing vind nie, sal Samic se voortbestaan heroorweeg moet word," word in die memorandum gesê.

Tot dusver is geen voorstelle van die bedryf ontvang nie - oënskynlik weens uiteenlopende menings oor finansiering. Die trust het besluit om met die volgende voorstelle die inisiatief te neem:

*Die VBT sal 'n aansoek formuleer vir die instel van statutêre maatreëls vir 'n tydperk van drie jaar in terme van die Wet op die Bemarking van Landbouprodukte.

*Gedetailleerde begrotings vir dié tydperk sal deel van die aansoek wees.

*Die VBT sal met betrokkenes in die bedryf beraadslaag om bepaalde eie-behoeftes binne die raamwerk van fondse te akkommodeer.

*Sou die aansoek slaag, sal alle geld wat ingevorder word, volgens begrotings aangewend word. Die fondse sal deur die Ouditeur-generaal geoudit word.

*Die VBT stel voor dat heffings by die slagpunte (slagplase) ingevorder word. Dit sal die mees logiese en ekonomiese oplossing wees. Insameling by enige ander punt in die produksieketting sal onprakties en te duur wees.

*Gedurende die heffingstydperk van drie jaar wil die VBT 'n geregistreerde gehaltestelsel met 'n handelsmerk vestig. Ná die drie jaar behoort die handelsmerk voldoende geld te maak sodat die statutêre heffings opgeskort kan word.

*Die VBT beoog 'n intensiewe reklameveldtog om die verbruik van vleis met die geregistreerde handelsmerk te bevorder.

As bykomende finansiering vir die bedryf nie gevind kan word nie en Samic moet verdwyn, sal beheer oor voedselveiligheid en -gehaltestandaarde daarmee heen wees. Samic is die gevolmagtigde onder die Wet op Landbouprodukstandaarde om dié funksie namens die staat te verrig.

Ook Imqas, waarin Samic 'n belang van 50 % het en grootliks van VBT-finansiering afhanklik is, sal nie kan funksioneer as bykomende geld nie gevind word nie. Selfs goeie skakeling met die Departemente van Landbou, Handel en Nywerheid en nie-regeringsorganisasies in die bedryf wat dusver uitmuntend deur Samic gehanteer word, sal platval.

Voorts koördineer Samic die minimum navorsings- en ontwikkelingsaksies wat tans onderneem word. As dié diens moet voortgaan sal dit uit die Navorsings- en Ontwikkelingstrust gefinansier moet word, aldus die memorandum.

19 Julie 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
+1.0%
Rand - Pond
19.42
-0.5%
Rand - Euro
17.37
-0.6%
Rand - Aus dollar
11.63
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,659.31
+1.9%
Silwer
18.90
+2.8%
Palladium
2,150.51
+3.6%
Platinum
865.78
+1.4%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
57,413
-0.4%
Alle aandele
63,808
-0.3%
Hulpbronne 10
57,878
+1.5%
Industriële 25
78,523
-1.0%
Finansiële 15
14,099
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Kom ons begin om n "chapter" te skryf
Ek wonder soms of dit die moeite werd is om my te leer ken. maar. dit is verseker! Gee dit n kans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot