AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,6
-0,40
CORN
22 Mrt
-
4152
-62,00
SOYA
22 Mrt
-
8460,2
-51,80
SUNS
22 Mrt
-
9126
-629,00
WEAT
22 Mrt
-
6490
-120,00
WMAZ
22 Mrt
-
3855,40
-94,60
YMAZ
22 Mrt
-
4078,8
-80,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

‘Steenkool gaan nog lank met ons wees’ – Gwede

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
'n Steenkoolkragstasie. Foto: Charl van Rooyen
'n Steenkoolkragstasie. Foto: Charl van Rooyen
Steenkool gaan deel wees van die energiemengsel in Suid-Afrika en die mense wat wens dit gaan weg, gaan teleurgesteld wees.

Dit is volgens mnr. Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie. Hy het Dinsdagoggend die openingstoespraak op die Afrika-energie-indaba in Kaapstad gelewer.

“Ons gaan nie wegstap van steenkool nie, dit gaan nog vir baie jare met ons wees. Ons moet eerder begin belê in tegnologieë wat steenkool ‘skoner’ vir die omgewing maak.”

Dit is ook nie net Suid-Afrika en die res van Afrika wat steeds steenkool gebruik om hul basislading te verstewig nie. Duitsland het volgens hom weer begin om van sy steenkoolkragsentrales in te span om krag op te wek weens die gevolge van die Russiese oorlog in Oekraïne.

China bou nou 43 steenkoolkragsentrales, Japan bou 23 en Brittanje het volgens Mantashe ook weer begin om ná 30 jaar steenkool te myn.

Mantashe het onder meer gesê Afrika is ryk aan steenkool, olie en gas en moet die bronne gebruik om energie-armoede op die vasteland aan te pak. “Afrika moet verantwoordelikheid neem vir navorsing oor groen energie wat op die vasteland ingespan kan word om energie aan die mense van Afrika te verskaf.”

Mantashe het benadruk dit is belangrik om pragmaties te wees wat die kragsituasie in Suid-Afrika en die vasteland betref. “Ons is ’n ryk vasteland, maar ons kan nog baie meer van ons hulpbronne ontwikkel. Dit help nie ons polariseer die debat oor energie nie. Ons kan nie net wegdoen met steenkool nie, daar moet ’n balans op die vasteland gevind word tussen steenkool en hernubare energie.”

Mantashe het ook gesê Afrika moet begin om die Europese Unie (EU) en ander ontwikkelde lande se resolusies oor hoe Afrikalande energie gebruik teenstaan. Hy het verwys na die EU-resolusie oor Uganda wat aandring dat dié Afrikaland nie sy eie oliereserwes mag gebruik nie.

‘Korrupsie is oral’

Wat korrupsie binne die steenkoolbedryf betref, het Mantashe gesê “korrupsie is oral en nie net in steenkool nie. Daar is selfs korrupsie binne die hernubare-energie-omgewing.”

Hy het skaars met sy toespraak begin toe ’n paar lede uit die gehoor voor hom gaan staan het met plakkate wat steenkool en korrupsie in dié bedryf veroordeel. Mantashe het gesê die optrede pla hom nie in die minste nie. Hy het daarop aangedring dat die stille betogers nie weggeneem moet word nie. Hulle het tot die einde van sy toespraak voor hom gestaan.

Wat Suid-Afrika se beurtkragpenarie betref, het Mantashe gesê elke steenkoolkragsentrale se opwekkingsvermoë moet individueel aangepak word.

“Ons moet ook die verkryging van noodkragvoorsiening bespoedig en krag vanaf ons buurlande invoer.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.41
+0.7%
Rand - Pond
22.57
+0.3%
Rand - Euro
19.85
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.31
+0.4%
Rand - Jen
0.14
+0.8%
Platinum
986.63
+1.5%
Palladium
1,404.92
-0.1%
Goud
1,939.77
-0.0%
Silwer
22.33
-0.3%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,588
+1.2%
Alle aandele
75,052
+1.1%
Hulpbronne 10
65,468
-0.3%
Industriële 25
101,386
+1.6%
Finansiële 15
15,324
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek weet wat ek uit die lewe wil he
Om my te leer ken vat soms langer omdat ek n redelike groot introvert is. Ek is n stil mens, maar saam met die regte persoon kan ek ure lank n intelligente gesprek voer. Ek is...
Kom ons vat 'n Kans
Ek is 'n vriendelike, eerlike en reguit mens. Hou nie van leuns en dinge wegsteek nie. Wat jy sien is wat jy kry. Treat me the way you want to be treated, . better Be Real!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot