AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
8703
-87,00
CORN
31 Mrt
-
4445,8
-72,20
SOYA
31 Mrt
-
8071,2
-127,80
SUNS
31 Mrt
-
8700
-102,00
WEAT
31 Mrt
-
6605
-90,00
WMAZ
31 Mrt
-
3798
-55,00
YMAZ
31 Mrt
-
4012,8
-51,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Sterk rand slegte nuus vir boere

Die rand het rekordlae vlakke bereik toe dit na R6,97 per dollar gedaal het, maar ekonome meen dit is nie juis goeie nuus vir boere nie.

Die rand het Woensdag (22 September) rekordlae vlakke bereik toe dit na R6,97 per dollar gedaal het, maar ekonome meen dit is nie juis goeie nuus vir boere nie.


Luidens ‘n berig op Fin24.com het die geldeenheid in Januarie 2008 laas op dié vlakke beweeg. Die rand het op dieselfde tydstip teen R9,34 teenoor die euro verhandel.


Basies twee redes

Mnr. Dawie Roodt, ekonoom van die Efficient-groep, sê die sterk rand kan basies aan twee komponente toegeskryf word. “Die eerste is ‘n swakker dollar en euro, wat ook deur die goudprys bewys word. En die tweede is die sterkte van Suid-Afrika se kapitaalmark-opbrengskoerse”.


Volgens Roodt is die land se kapitaalmark-opbrengskoerse op van die mees gunstige vlakke wêreldwyd. “In Amerika gaan jy nou rondom 2,5% kry, en in Asië rondom 1%, maar in Suid-Afrika het ons tans koerse van rondom 8%.”


Sedert die begin van 2010 tot dusver het reeds sowat R100 miljard op Suid-Afrika se kapitaalmarkte ingevloei, aldus Roodt. Hy sê dit vuur meer beleggings aan, “maar sodra dié koerse nie meer so gunstig is nie en die risiko’s groter word, gaan beleggers onttrek. Dit sal die rand weer verswak”.


Invloed op produsente

Prof. Nick Vink, landbou ekonoom van die Universiteit van Stellenbosch, sê die sterk rand hou oor die korttermyn  nie goeie vooruitsigte vir boere in nie. “Soos die boere sal weet, verminder dit die verdienste vir die produkte wat uitgevoer word. Ek dink mens moet egter in balans daarna kyk, want in die langtermyn gaan ‘n sterker rand laer insetkoste en gevolglik weer ‘n groter inkomste beteken.”


Vink sê die onbestendigheid van die rand maak dit ook vir boere moeilik om vir komende seisoene te beplan. “Wat jy wil hê is ‘n rand met ‘n waarde wat die werklike internasionale koopkrag daarvan reflekteer, maar dit is baie moeilik om te skat wat dié waarde moet wees veral omdat die internasionale markte baie verwring is.”


‘n Swakker rand?

Roodt sê dit is nie net in Suid-Afrika wat die finansiële gemeenskap geldwaardes wil verswak vir goeie pryse op internasionale markte nie. “Die ouens in Amerika soek ‘n swakker dollar, die ouens in Swede wil ‘n swakker Sweedse kroon hê.”


Een van die maniere om die rand te verswak is deur dit kunsmatig te probeer beheer, maar Roodt beveel dit nie aan nie. “ ’n Ander manier is deur insetkoste te verminder. Daar kan mens byvoorbeeld kyk na die koste van arbeid. Wat moet gebeur vir ‘n swakker rand is verhoogde produktiwiteit of laer lone.”


Roodt verwag dat, so lank soos wat die kapitaalmark opbrengskoerse en die dollar en euro op dieselfde vlakke gaan bly beweeg, die rand se sterkte bestendig sal wees.


23 September 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.80
-0.0%
Rand - Pond
21.95
+0.6%
Rand - Euro
19.29
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.90
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Platinum
991.29
+1.1%
Palladium
1,465.87
-0.8%
Goud
1,969.32
-0.6%
Silwer
24.07
+0.7%
Brent-ruolie
79.27
+1.3%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Opsoek na iemand opreg...
Ek is n eerlike opregte persoon en is opsoek na daai spesiale persoon wat ook moeg is om alleen te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot