
Promosie-artikel:
Die rand het die afgelope 10 dae redelik versterk teenoor die dollar. (Grafiek hieronder). Dis is ten spyte van die onlangse politieke situasie rondom mnr. Pravin Gordhan, Minister van Finansies, en ander uitdagings in die land.
Dit is egter nie net die rand wat versterk het teenoor die dollar nie, maar meeste ontluikende markte se geldeenhede het die afgelope paar dae versterk soos in die onderstaande tabel gesien kan word.
Grafiek:
Wanneer groot bewegings in markte plaasvind, word altyd na ‘n oorsaak gesoek. Die moontlike invloei van fondse na Suid-Afrika in as gevolg van die SAB-transaksie mag voorgehou word as ‘n gedeeltelike verduideliking. Daar is egter nie noodwendig ‘n motivering vir die versterking van ander ontluikende geldeenhede teenoor die dollar nie. Dit is ook nie noodwendig altyd nodig om die presiese rede te verstaan nie, maar 'n mens moet eerder poog word om die geleentheid te gebruik.
Die situasie rondom die rand blyk te wees dat wanneer daar nie verhoogde politieke risiko is nie, die geldeenheid teenoor die dollar versterk. Ongelukkig sal die huidige “radio-stilte” sekerlik nie onbepaald voort duur nie.
Verder, as gekyk word na die medium termyn (sien onderstaande grafiek) sien mens dat die rand poog om die versterking teenoor die dollar van 2016 voort te sit. Die huidige korttermyn versterking stroop dus met die versterking op die medium termyn.
Grafiek:
Ongelukkig is die langtermyn-neiging steeds een van 'n swakker rand.
Die gevolgtrekking is dus dat nou ‘n goeie tyd is om ‘n gedeeltelike verskansingsposisie teenoor die rand in te neem. Die rand mag dalk nog effens meer versterk op die kort en medium termyn, dus moet net ‘n gedeeltelike posisie ingeneem. Indien die rand verder versterk, kan nog ‘n deel van die verskansing ingeneem word op ‘n laer vlak. Indien die rand begin verswak sal ‘n mens ten minste gedeeltelik verskans wees.
Die klem is hier op verskansing, en nie op spekulasie nie, wat impliseer dat die posisie vir die medium en selfs lang termyn gehou sal moet word.
Bostaande beteken ook dat nou ‘n goeie tyd mag wees vir beleggers om hulle geld na die buiteland te neem.
Die verskansing kan deur ‘n Yield-X (JSE) rekening by BVG gedoen word.
* Edwin Smit is ‘n portefeulje bestuurder by BVG Financial, ‘n gemagtigde finansiële diensteverskaffer van die FSB (FSP # 39 889), en ‘n lid van die JSE. Sy kontakbesonderhede is by (012) 484 4013 of edwin.smit@bvg.net
Lesers is welkom om hom hier te kontak om in te skryf vir BVG se daaglikse valuta- en aandele mark oggendverslae. BVG werk, onder andere, in assosiasie met Momentum SP Reid Securities.