
Hoeveel boere moet nog sterf om mense soos pres. Jacob Zuma en die sanger Bono, sover te kry om hulle hard en duidelik teen plaasmoorde uit te spreek? vra ’n ontstoke Steve Hofmeyr.
Dié sanger, wat reeds tien jaar lank met sy Stop die Plaasmoorde-veldtog besig is, het in ’n openhartige onderhoud met Landbouweekblad oor hierdie passie van hom gepraat.
Hofmeyr antwoord vrae soos hoekom hy so uitgesproke is oor dié onderwerp van plaasmoorde en of hy dink die Regering is werklik ernstig oor die bekamping van dié ernstige misdaad.
Koop die nuutste uitgawe van Landbouweekblad, wat Maandag op die rakke sal wees, om die eksklusiewe onderhoud te lees.
18 Maart 2011