Die nuwe voorsitter van Graan SA is mnr. Louw Steytler. Hy volg mnr. Neels Ferreira op wat sedert 2006 dié amp beklee het.
Ferreira het tydens die organisasie se jaarkongres op NampoPark die jaar uit dié posisie getree. Hy is wel van plan om steeds deel te wees van die organisasie.
“Ek het so baie dankbaarheid teenoor almal van julle wat my dié wonderlike kans gebied het, en ek wil julle verseker dat ek julle nie teleur sal stel nie,” het Steytler in sy aanvaardingstoespraak gesê.
Sal nie toegewings maak nie
Steytler sê hy is nie van plan om “vir enige iemand” toegewings te maak wat die Grondwet betref nie. “Die oomblik wat ‘n mens toegewings begin maak, begin jy op gevaarlike terrein loop en op gevaarlike terrein beywer.”
Volgens Steytler sal hy baie aandag skenk daaraan om seker te maak dat alle lede van die organisasie daadwerklik betrokke sal wees. “En ek wil lede verseker van my toegewydheid tot die saak van die graanboer.”
Mnr. Andries Theron, wat die afgelope twee jaar die ondervoorsitter van die organisasie was, is weer tot dié posisie verkies.
8 Maart 2012