AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Stoetvee lewend opgekap by Potch

Die wreedheid van veediewe se panga-slagting onder stoetbulle laat boere van Potchefstroom steier.

Sewe stoetbulle van 'n Simmentaler-teler by Potchefstroom het in die slag gebly in 'n wreedaardige veediefstal. Die diewe het die vleis van vier bulle gesteel en die ander drie agtergelaat om stadig te sterf. Die boer moes dié drie bulle skiet.

Me. Anna-Marie Putters van die AC Coetzee Kaaldoorns Simmentaler-stoetery, langs die N12 net buite Potchefstroom, het Donderdag die aaklige taak gehad om drie van haar stoetbulle wat wreed met panga’s vermink was, te laat skiet. Vier ander stoetbulle is met panga’s opgekap en die vleis gesteel.

“Dit is die soveelste maal wat ons weens misdaad skade ly. Ons werk hard om kop bo water te hou en om dan só ’n aaklige daad te aanskou, maak ’n mens naar. Dit is ons brood en botter wat oornag verwoes is,” verduidelik Putters.

Kap beesrte op en verdwyn met vleis
Haar man, Gert, wat die sneller moes trek om die drie jong stoetbulle uit hul lyding te verlos, meen dit is nie net vleisdiewe nie, maar ook veediewe. “Sommige diewe, soos die mees onlangse een, kap die beeste op, laai hulle voertuig vol vleis en verdwyn daarmee. Hierdie is ? yslike verlies,” vertel hy.

In ander gevalle word die beeste gesteel, aangejaag na ? ander perseel en op veilings verkoop. Mnr. Putters vertel van ? voorval toe ? wakker afslaer beeste met dubbele brandmerke op die veilingsterrein opgemerk en alarm gemaak het. “In só ? geval kry ? boer darem iets terug,” verduidelik Putters.

Die slagting van die sewe bulle is aangemeld en die Polisie het reeds die plaas besoek. “Onshet egter maar min hoop. Lede van die veediefstaleenheid is baie dun gesaai en die polisiebeamptes wat hier was, het nie eers afdrukke van die voertuig- of voetspore geneem nie. Wanneer veediewe op heter daad betrap en aangekeer word, pleit hulle eenvoudig armoede, gee voor dat hulle in opdrag van ’n werkgewer die beeste aangejaag het vir broodnodige inkomste en word dan vrygespreek. Ons is moedeloos, hulpeloos en raadop,” verduidelik me. Putters.

Weerkaatsende stroke
Boere van die omgewing het al weerkaatsende stroke materiaal teen grensheinings aangebring om maklik in die nag te kan sien waar die drade geknip is. Tegnologie-forums is ook gestig om inligting so gou moontlik in intelligensie te omskep.

’n Boer van die omgewing, mnr. Frans Odendal, meen hoewel hierdie stappe in die regte rigting is, is die dae van boerdery so na aan Gauteng se metropole getel. “In een nag is ? derde van my kudde gesteel. Dit is ? derde van my pensioen wat in een nag verwoes is. Die stelsel van wetgewing en vervolging het verval, dus is ons is nou op onsself aangewese vir veiligheid. Om só te boer raak al minder die moeite werd,” verduidelik hy.

* Me. Maryke Ras, die woordvoerder van Fochville sektor 1 Polisieforum, het bevestig dat die afgelope naweek vier voorvalle aangemeld is waarin meer as 120 beeste gesteel is. “Meeste van die beeste is weer teruggevind weens flinke optrede van die  gemeenskap,” het sy gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.02
+0.3%
Rand - Pond
19.33
-0.0%
Rand - Euro
17.29
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.4%
Goud
1,628.06
+0.3%
Silwer
18.38
+0.2%
Palladium
2,075.00
+1.6%
Platinum
853.00
0.0%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my sielsgenoot
Ek is ń eerlike, opregte tipe man met vaste beginsels wat weet hoe om ń vrou met respek te behandel. Ek hou van reis, braai en dans.
So sorts soos stoop
N ma Nuwe mense ontmoet Hier vir nou Hou van kook en kos maak Praat met my Wie weet wat wag Sien uit vir wat voorle Lus vir die lewe
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot