AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Stokou studiemateriaal 'n knelpunt

Dit is jammer dat die strategiese plan vir die landbou nie opleiding in landbouskole insluit nie. "Is dit nie belangrik genoeg nie?" Die landbou kan in Suid-Afrika beskou word as die gans wat die goue eiers lê, maar dit lyk asof die gans se nek omgedraai word omdat landbouvoorligting en -opleiding skynbaar nie hoë voorkeur geniet nie.

Suné Nel, leerling van die Hoërskool Martin Nel op Kakamas, het op die Noord-Kaaplandse landbou-unie (NKLU) se kongres in Kimberley gesê weens 'n tekort aan geld is die broodnodige hersiening van studiemateriaal vir die landbou nie moontlik nie. Dit is een van die grootste probleme wat landbouskole ervaar.

Dit lei tot die agteruitgang en veroudering van toerusting, geriewe én leerprogramme. Deur leerlinge in verouderde landboumetodes met verouderde toerusting te onderrig, "is van nul en gener waarde en selfs lewensgevaarlik". "Dit help nie landbouleerlinge word geleer om met 'n os te ploeg, terwyl ons al donkiejare die trekker gebruik nie."

Te min onderwysers in landbouskole lei ook tot die afskaling van landbou-onderrig. In heelwat gewone skole moes landbouwetenskap as vak weens 'n tekort aan onderwysers gestaak word. Die nuwe uitkomsgebaseerde onderwys raak ook nie aan die ontwikkeling van vaardighede van leerlinge in die landbou nie.

Nog 'n leerling van dié skool, Anri van Jaarsveld, het gesê landbou-onderrig was nog nooit so belangrik vir die toekoms van Suid-Afrika as juis nou nie. Tegnologie verander gereeld en die toekomstige boer moet op die hoogte wees van die veranderings. Die geleentheid vir opleiding moet reeds in skole beskikbaar wees.

In 'n landbouskool kan kinders leer van 'n eie, unieke beroep, waar nuwe produkte en dienste aan 'n gemeenskap gebied kan word. "Ons moet 'n plaas sien as 'n sake-onderneming met die boer as ondernemer."

Twee leerlinge van die Hoër Landbouskool Noord-Kaapland in Jan Kempdorp, Ampie Lauwrens en Lientjie Venter, het gesê hulle is bekommerd oor die uittog van plattelandse kinders na die stede en die invloed daarvan op die groei en ontwikkeling van die plattelandse gemeenskap.

Dié gemeenskappe word kleiner en armoede en werkloosheid al hoe meer. Die situasie vererger omdat al hoe meer ouers hul kinders uit plattelandse skole haal. Dit plaas groot druk op die plattelandse ekonomie, maatskaplik-ekonomiese welvaart en skole.

As stappe nie gedoen word om dorpe te bewaar nie, sal die stede en metropole mettertyd ál die ekonomiese krag van die landelike gebiede opsuig.

6 September 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy sien is wat jy kry
Ek maar n stil mens praat nie baie nie is n introvert ek laat my hande die praat werk doen en ek is baie rustige persoon en hou daar van om tyd saam n special person tyd te...
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot