Inwoners van Gauteng, Noordwes, Limpopo, Mpumalanga, Vrystaat, KwaZulu-Natal en die oostelike dele van die Oos-Kaap kan hulself regmaak vir hewige donderstorms die week.
Volgens ’n berig in Volksblad bestaan daar ’n moontlikheid dat “swaar haelbuie en potensieel skadelike rukwinde tydens donderstorms in die gebiede kan voorkom,” aldus mnr. Karl Loots van die Suid-Afrikaanse Weerdiens.
Daar bestaan glo ook ’n geringe kans dat ’n tornado oor die oostelike dele van die Vrystaat kan voorkom. Hael kan saam met sterk oppervlakwinde voorkom.
Sonskynweer behoort weer teen Vrydag na dié gebiede terug te keer.
Bron: Volksblad
18 Oktober 2011