AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
20 Jan
-
170,89
-2,92
Ave Wool - RWS
20 Jan
-
181,89
-7,19
Beeste A2/3
20 Jan
-
58,72
2,37
Beeste AB2/3
20 Jan
-
58,36
3,52
Beeste B2/3
20 Jan
-
56,86
4,26
Beeste C2/3
20 Jan
-
52,54
0,65
Bevrore Hoender
20 Jan
-
31,75
-2,38
Bokkies (onder 30 kg)
20 Jan
-
63,65
-0,77
Bokooie
20 Jan
-
40,24
-2,32
Groot (meer as 40 kg)
20 Jan
-
41,1
-3,43
Hoender (IQF)
20 Jan
-
32,82
0,66
Medium (30-40kg)
20 Jan
-
56,66
1,18
Pork Average
20 Jan
-
37,05
0,71
Poultry Average
20 Jan
-
32,38
-0,99
Skaap A2/3
20 Jan
-
87,14
3,08
Skaap AB2/3
20 Jan
-
80,78
-2,47
Skaap B2/3
20 Jan
-
70,13
0,82
Skaap C2/3
20 Jan
-
65,78
1,26
Speenkalf
20 Jan
-
36,84
0,12
Spekvarke
20 Jan
-
38,49
1,90
Stoorlammers
20 Jan
-
38,71
0,25
Varkwors
20 Jan
-
29,77
0,61
Vars Hoender
20 Jan
-
32,57
-1,26
Vleisvarke
20 Jan
-
36,9
0,60

Strategie oor veiligheid geslyp

Agri SA het sy strategie vir landelike beveiliging verfyn.

In samehang met die polisie se verbintenis tot doeltreffende landelike beveiliging verlede jaar, het Agri SA sy eie strategie daaroor opgeskerp. Dit sluit ses kerndoelwitte in.

Kommunikasie en die bevordering van deurlopende samewerking met die polisie is van die belangrikste kwesssies wat deur Agri SA uitgesonder word om landelike beveiliging te bevorder.

Mnr. Kobus Visser, Agri SA se direkteur van korporatiewe skakeling, sê in ’n meningstuk oor Agri SA se rol hoewel die organisasie se aktiewe betrokkenheid vir byna twee dekades bepaalde vrugte afgewerp het, raak sy rol nooit uitgedien nie. Vandaar die strategiese doelstellings.

“Die bevordering van kommunikasie behels onder meer om deur deurlopende gesprekvoering met die uitvoerende gesag van die Regering en polisie die waarde van die landbou en die belang van voedselsekerheid vir die land te beklemtoon. Terselftertyd moet die uitwerking van landelike misdaad op werkskepping en die ontwikkeling van die plattelandse ekonomie uitgewys word, bevel- en beheerprobleme op stasievlak moet herstel word en daar moet gesorg word dat die reservistestelsel goed werk.”

Nog ’n kerndoelwit is om die implementering van die landelike beveiligingstrategie te bevorder. “Dit sluit in suksesvolle selfhelp-aksies deur boereverenigings om misdaad te bekamp, die vestiging van plaaswagte ter ondersteuning van reserviste, goeie opleiding en die bespoediging van die implementering van landelike polisie-eenhede in prioriteitsklusters,”

Daarmee saam moet misdaadtonele doeltreffend bestuur word, en dit verg goeie opleiding en deeglike voorbereiding van saakdossiere. Visser sê goeie navorsing oor toepaslike sake, insluitend aspekte soos die voorkoms en motiewe van plaasaanvalle, is ook belangrik. Terselftertyd probeer Agri SA sy maatskaplik-ekonomiese doelwitte bevorder om by te dra tot landelike stabiliteit.

Op plaasvlak

Hy beklemtoon dat boereverenigings ook ’n belangrike rol op plaaslike vlak kan speel om die veiligheidsitusie te verbeter. Hulle kan samewerking met die polisie bevorder deur onder meer aktief betrokke te raak by die plaaslike prioriteiskomitee oor landelike veilgheid en gemeenskapspolisiëringsforums, reserviste te word, plaaswagstelsels in samewerking met die polisie te vestig en beveiligingsplanne saam met die polisie te ontwikkel.

Daarmee saam moet boere hulle eie, sowel as plaaswerkers, se paraatheid opskerp, die protokol vir plaastoegang doeltreffend toepas, swak dienslewering deur die polisie onmiddelik by die stasiebevelvoerder aanmeld en ook alle misdadae aanmeld en as klaer betrokke bly tot die saak afgehandel is.

Beveiligingstrategie

Baie van Agri SA se voorstelle oor landelike veiligheid is opgeneem in die nasionale landelike beveiligingstrategie (RSS) wat in Julie 2011 die lig gesien het. Die strategie maak dit vir die polisie moontlik om onder meer dienslewering op die platteland te verbeter, sigbaarheid daar te verhoog, reaksietyd te verbeter, beter verhoudings te handhaaf en gemeenskappe se kennis van veiligheid en sekuriteit te verbeter.

Agri SA was tevrede dat dit ’n werkbare strategie vir beveiliging op die platteland was. Die implementering was egter traag totdat dit nou nuwe momentum gekry het.

Polisie

Lt.genl. Kgomotso Phahlane, waarnemende polisiekommissaris, het verlede jaar by verskeie geleenthede die versekering gegee dat plaasaanvalle en veediefstal vir die polisie voorrangmisdade gaan wees. Hy het die polisie verbind tot doeltreffende landelike beveiliging en beplanning is gedoen oor die uitvoering van die landelike beveiligingstrategie.

Visser sê dit vorm deel van die polisie se “Back to Basics”-program. “Dié plan behels dat die polisie die basiese aspekte van polisiëring deurlopend goed doen. Die verbetering van dissipline en verhoogde polisie-sigbaarheid is belangrike doelwitte, terwyl onderprestasie en stelselgebreke by polisie-eenhede en -stasies ook hoë voorkeur geniet.”

Omvattende aandag is ook gegee aan die vier strategiepilare vir landelike veiligheid, wat verbeterde dienslewering, bewusmaking by die gemeenskap, plattelandse ontwikkeling en ’n geïntegreerde benadering insluit.

Reserviste

Teen die einde van die jaar het Phahlane aangekondig dat al nege provinsies kan voortgaan met die werwing van reserviste om die polisie by te staan met misdaadvoorkoming en ondersoek. Terselftertyd het mnr. Kobus Breytenbach, voorsitter van Agri SA se landelike beveiligingskomitee, die boerderygemeenskap gevra om die reserviste-stelsel én sektorpolisiëring te ondersteun.

Visser sê die beleid oor reserviste bepaal dat ‘n reservis in die sektor waarin hy woon aangewend sal word. Hy kan met die goedkeuring van die Nasionale Kommissaris elders aangewend word, indien die situasie dit vereis. Reserviste word geag as die ruggraat vir die uitvoering van die Landelike Beveiligingstrategie.

Hy sê verdere ondersteuning kan geskied deur die vestiging van plaaswagte om ’n gebied te verken en inligting in te samel. Hierdie benaderings kan gesamentlik ’n groot rol speel om die polisie se hand te sterk.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.07
-0.2%
Rand - Pond
21.06
+0.2%
Rand - Euro
18.78
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.17
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Platinum
1,014.77
+0.4%
Palladium
1,666.31
-0.2%
Goud
1,956.95
+0.3%
Silwer
24.31
+1.4%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,679
-0.1%
Alle aandele
79,788
-0.0%
Hulpbronne 10
75,252
+0.2%
Industriële 25
102,575
+0.1%
Finansiële 15
16,448
-0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na n maat
Hoe beskryf n mens jouself hier. Ek hou van lag en om elke dag net te geniet. Ek hou van braai en kosmaak. Hou van om langs die see te gaan loop. Is mal oor kinders en diere. Ek...
Tiek jy dalk my boksies?
Ek is 'n onafhanklike, selfversorgende weduwee, gebless met 'n skerp sin vir humor en 'n kreatiewe streep. Ek is lief vir mense, hou van kuier, die natuur en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot