AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4802
0,00
SOYA
05 Okt
-
9140
0,00
SUNS
05 Okt
-
10053
0,00
WEAT
05 Okt
-
7105
0,00
WMAZ
05 Okt
-
4830
0,00
YMAZ
05 Okt
-
4755
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Streng regulasies vir hennep-verbouing

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dagga of kannabis het dalk talle name en ’n wisselende beeld by die publiek, maar bo alle twyfel is die een die produkte wat die meeste inkomste-potensiaal het. Maar hoekom kry Suid-Afrikaners nie hieruit geld gemaak nie?
Dagga of kannabis het dalk talle name en ’n wisselende beeld by die publiek, maar bo alle twyfel is die een die produkte wat die meeste inkomste-potensiaal het. Maar hoekom kry Suid-Afrikaners nie hieruit geld gemaak nie?
Streng regulasies sal geld vir die kommersiële verbouiing van hennep.

Die voorwaardes vir die kommersiële verbouing van hennep sluit onder meer in streng oorsig deur en ’n amptelike kennisgewing aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens dat ’n permithouer van hennep die gewas kweek.

Hennep word nou ingevolge die Wet op Plantverbetering (Wet 53 van 1976) as ’n landbougewas verklaar. Me. Thoko Didiza, minister van landbou, landelike ontwikkeling en grondhervorming, sê die verklaring van hennep as ’n landbougewas maak voorsiening daarvoor dat dit ingevoer, uitgevoer, gekweek en verkoop mag word, en dat navorsing oor die gewas in Suid-Afrika gedoen mag word.

Aansoekvorms vir permitte kan op die departement se webtuiste gevind word saam met die nodige regulasies rakende die produksie van die gewas waarvan die tetrahidrokannabinol- (THC) inhoud nie 0,2% oorskry nie.

Die mandaat vir die permitstelsel is van die departement van gesondheid en die Suid-Afrikaanse owerheid vir die regulering van medisyne (Sahpra) na die departement van landbou oorgedra. Die permitte van bestaande permithouers vir hennep sal ook na die departement oorgedra word.

Regulasies

Ingevolge die regulasies moet enigeen wat by die hennepbedryf betrokke wil wees, ’n geldige permit ingevolge die Wet op Plantverbetering daarvoor hê. Die hennepplante en die saad moet geregistreer wees en die persoon moet in besit wees van ’n geldige registrasiesertifikaat. Daar is geen vrystellings hiervoor nie.

Die henneppermit is geldig vir drie jaar en nie oordraagbaar aan ’n ander persoon nie. Aansoekers moet ouer as 18 jaar wees en oor die geskikte kwalifikasies en vaardighede of ondervinding beskik, soos gespesifiseer in die permit.

Die aktiwiteite rakende hennep word ook beperk tot die plek wat op die permit aangedui is. Indien dit ’n gehuurde perseel is, word geskrewe toestemming van die eienaar van die grond vereis. ’n Register vir die aanplant, monsterneming, verkope en inspeksies moet op die perseel gehou word. Die maksimum toelaatbare grootte vir hennepproduksie is 50 hektaar. Die departement en die naaste polisiekantoor moet binne 28 dae van aanplanting van die gewas in kennis gestel word daarvan.

Die regulasies verlang ook dat die gemagtigde inspekteur ingelig word twee weke voordat die gewas geoes word met veselproduksie of sodra die eerste plante begin bot, indien dit nie vir veselproduksie aangeplant is nie. Monsterneming vir die toets van die THC-vlakke moet gedoen word binne ’n week voor oestyd met veselproduksie en binne 15 dae vandat dit begin blom met ander doeleindes.

Ook belangrik is dat die perseel waar dit geproduseer word, omhein moet wees. Toegang word beperk tot gemagtige persone. ’n Duidelike kennisgewing in Engels en die amptelike taal wat in die gebied gepraat word, moet ook aangebring word wat aandui dat hennep met ’n lae THC-inhoud op die perseel verbou word.

Riglyne onrealisties

Mnr. Brett Hilton-Barber, van Cannabiz Africa, voorsien probleme met van die regulasies, veral omdat dit ruimte laat vir moontlike korrupsie. “Dit is goed gedokumenteer dat die onwettige daggabedryf van R28 miljard met die samewerking van skelm polisielede funksioneer.” Hy bevraagteken ook of bestaande daggaboere die nut sal sien om ampttelik deel van die bedryf te word.

“Behalwe vir teistering van die polisie, vaar hulle goed vanweë die internasionale reputasie wat hulle ontwikkel het as topprodusente van THC-kannabis wat buite verbou word. Hulle het reeds deur verskeie ondersteuningsnetwerke aangedui dat hulle nie na die verbouing van hennep wil oorskakel nie.”

Hierdie boere wil eerder hê dat die staat moet ophou om hulle in hegtenis te neem, ’n wettige mark vir plaaslike daggaverbruik deur volwassenes skep, die lisensiestelsel vir nie-medisinale dagga skrap en die inheemse kultivars beskerm.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.77
-0.8%
Rand - Pond
20.13
+0.5%
Rand - Euro
17.57
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.7%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,715.78
-0.6%
Silwer
20.66
-1.9%
Palladium
2,260.50
-2.7%
Platinum
921.00
-1.3%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.1%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir lekker lag
Ek is n hardwerkende man wat hou van avontuur en goeie geselskap, n lekker kuier en goeie vriende. Ek is oop vir nuwe dinge in die lewe.
The Real Deal
Well travelled, well spoken and the rest will be well known to you😉 How about a whole new approach to love? Soft spoken with a heart of gold. I'm a breath of...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot