AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Strenger regulasies vir arbeidsmakelary

Werkers sal voortaan net as tydelike werkers geklassifiseer kan word as hulle vir korter as ses maande in diens geneem is.

Werkers sal net as tydelike werkers geklassifiseer kan word as hulle vir korter as ses maande in diens geneem is, het me. Mildred Oliphant, Minister van Arbeid, aangekondig.


Die Kabinet het die Wysigingswetsontwerpe op Arbeidsverhoudingeen die Wet op Basiese Diensvoorwaardes goedgekeur.


Die wetsontwerpe sal nou aan die parlementêre prosesse onderwerp word.

Wysigings is gedoen om regulasies daar te stel wat tydelike werkers, soos seisoenale plaaswerkers, teen uitbuiting beskerm.


Die Wysigingswetsontwerp op Arbeidsverhoudinge, wat ’n groot impak op die landbou het, het te doen met die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA), kontrakwerkers, arbeidsmakelaars en stakings.


Die wysigingswetsontwerp is daarop gemik om uitvoering te gee aan die ANC se verkiesingsmanifes wat die Regering daartoe verbind om die uitbuiting van werknemers te voorkom, goeie werk vir alle werkers te verseker, die diensverhouding te beskerm, en kontrakwerk, subkontraktering en uitkontraktering te reguleer om die probleem van arbeidsmakelary hok te slaan en om uitbuitery praktyke te verbied.


Oliphant het gesê dat Artikel 198 van die Wysigingswetsontwerp op Arbeidsverhoudinge steeds ingesluit is en vir alle werkers sal geld. Die artikel bepaal dat die arbeidsmakelaar die werkgewer van die werker is.


Oliphant het gesê tydelike werk word beperk tot “ware tydelike werk” wat nie langer as ses maande duur nie. Sy het uitgewys die arbeidsmakelaar en sy kliënte is gesamentlik en apart verantwoordelik vir spesifieke oortredings van indiensnemingswette.


Voorsiening word ook gemaak vir mense wat tydelike arbeid verrig en minder as R172 000 per jaar verdien. Dit is verbode om teen hierdie werkers te diskrimineer.


Sekere regulasies is ook ingebring vir mense wat vastetermynkontrakte het en minder as R172 000 per jaar verdien.


Werknemers wat langer as ses maande werk, moet dieselfde behandel word as diegene wat permanent aangestel is, het Oliphant benadruk.


Die bepalings rakende vastetermynkontrakte geld nie werkgewers wat minder as tien werkers het nie en ook nie ’n werkgewer wat minder as 50 werkers het en wie se besigheid vir minder as twee jaar in bedryf is nie.


Oor die wysigings op die Wet op Basiese Diensvoorwaardes rakende sektorale vasstellings, het Oliphant aangedui dat veranderinge aangebring is wat die Minister van Arbeid en die Kommissie vir Werksvoorwaardes die mag gee om die regulering van tydelike werk te fasiliteer en ook kwesbare werkers te beskerm.


Sy het aangedui dat die maksimum tronkstraf vir diegene wat hulle aan kinderarbeid en dwangarbeid skuldig maak, van drie jaar tot ses jaar verhoog is.


22 Maart 2012

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
-5.0%
Palladium
1,623.95
-2.8%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Betroubare opregte mense is n maklike humoristiese mens en kom
Ek is n Vriendelike omgee mens met hope humor en Bae liefde vir my medemens. Geniet die buite lewe en vang graag vis en Kamp graag. H
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot