AFGRI
BEAN
07 Des
-
9386
36,00
CORN
07 Des
-
4398
-51,00
SOYA
07 Des
-
9034
-10,00
SUNS
07 Des
-
10415
-85,00
WEAT
07 Des
-
6657
3,00
WMAZ
07 Des
-
4820,2
-29,80
YMAZ
07 Des
-
4750
10,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Stryd oor plaaswerkers ontketen

Plaaswerkers in die Wes-Kaap word voldoende behuising en basiese arbeidsregte geweier, is deur die Human Rights Watch bevind.

Plaaswerkers in die Wes-Kaap word voldoende behuising, veiligheidstoerusting en basiese arbeidsregte geweier, is die bevinding van ’n verslag deur die  Human Rights Watch (HRW).


Dié verslag is vanoggend bekend gemaak en het die georganiseerde landbou behoorlik warm onder die kraag. Kleinhandelaars word onder meer versoek om druk op boere uit te oefen om die toestande op plase te verbeter.


'Onbewoonbaar'

“Ons het die behuising van sommige werkers onbewoonbaar gevind. Een plaaswerker het aan die HRW die ou varkhok gewys waar hy, sy vrou en hul kinders al tien jaar sonder elektrisiteit, water of beskerming teen die elemente woon,” lui die verslag wat getiteld is Ripe with Abuse: Human Rights Conditions in South Africa’s Fruit and Wine Industries.


In die verslag word beraam dat sowat 930 000 mense van 1994 tot 2004 van plase afgesit is. Altesame 260 onderhoude is met plaaswerkers, plaaseienaars, die burgerlike samelewing, bedryfsverteenwoordigers, regeringsamptenare, regskenners, vakbondleiers en akademiese kundiges gevoer.


Mnr. Carl Opperman, hoof uitvoerende beampte van Agri Wes-Kaap, sê die organisasie en die provinsie se topboere het baie tyd en moeite afgestaan om die HRW van inligting te voorsien, maar dié feite word in die verslag geïgnoreer.


“Hulle het verkies om na plaaswerkers te luister wat deur die nie-regeringsorganisasies en vakbonde geïdentifiseer is.”


Vraagtekens oor onderhoude

Ook me. Su Birch, hoof uitvoerende beampte van die generiese wynbemarkingsliggaam Wosa, sê daar is vraagtekens oor die keuse van respondente met wie onderhoude gevoer is.


“Lesers het geen grondslag om te verstaan hoe verteenwoordigend die steekproef is nie. Die studie leun op anekdotiese bewyse en skuil agter die beskerming van respondente sodat hulle nie die aansprake wat gemaak word, hoef te substansieer nie.”


Hoewel die HRW Agri Wes-Kaap genooi het om kommentaar te lewer op sekere punte in die verslag, is hulle toegang tot die volledige verslag geweier.


Die prentjie wat die verslag skets, is dat Wes-Kaapse plaaswerkers in onleefbare huise woon, sonder veiligheidstoerusting aan gifstowwe blootgestel word, nie toegang het tot toilette of drinkwater wanneer hulle werk nie en dat hulle gekeer word om unies te stig.

Te min arbeidsinspekteurs

Luidens die verslag misluk die Regering daarin om toestande op plase te monitor en wetgewing oor lone, voordele en werks- en behuisingstoestande af te dwing. In Maart vanjaar was daar 107 arbeidsinspekteurs in die Wes-Kaap wat na meer as 6 000 plase moes omsien. 


Mnr. Daniel Bekele, Afrika se direkteur vir die HRW, het gesê “die rykdom en welstand wat werkers produseer, moenie in menslike ellende gewortel word nie”.

Hy het gesê die antwoord is nie om Suid-Afrikaanse produkte te boikot nie, want dit kan rampspoedige gevolge vir plaaswerkers hê.


Slegs ’n klein groepie boere voldoen wel aan die wet, en daar is ook net ’n handjievol werkgewers wat meer doen as die wetlike vereistes, lui die verslag.


“Sommige boere gee vir die plaaswerkers grond om hul eie gewasse te kweek, dra die volle koste van mediese besoeke, verskaf gratis kos aan die werkers in die winter of het trusts op die been gebring om plaaswerkers te bevoordeel.”


Meer as net 'n klein groep

Opperman en Birch het albei laat blyk daar is baie meer as net ’n klein groepie boere wat daaraan voldoen.


“Die verslag onderbeklemtoon die wynbedryf se enorme bydrae om werkstoestande deur organisasies soos Wieta en Fairtrade te verbeter. Dit verwys ook net skramsweg na die bemagtigingsinisiatiewe,” sê Birch.


Opperman het ’n beroep gedoen dat die plase en boere wat plaaswerkers sleg behandel, uitgewys word, maar die HRW wil dit glo uit vrees vir viktimisasie nie doen nie.


“Ons kan nie hul stellings toets nie, so hoe moet ons onsself daarteen verdedig? As die bewerings waar is, wil ons teen die boere optree. Maar as dit nie waar is nie, gaan ons teen die organisasie optree, want hy versprei onwaarhede en ons wil hê hy moet dit regstel,” sê Opperman.


23 Augustus 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.14
+1.1%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,782.78
+0.7%
Silwer
22.70
+2.3%
Palladium
1,850.00
-0.1%
Platinum
1,007.00
+1.6%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Baie om te bied niemand om mee te deel.
Ek is n ongekompliseerd man wat net opsoek is na goeie geselskap en moonlike geluk in die toekoms dis al.
Kom ons kyk wat wag
Ek is opreg met n goeie hart maar kan lekker Hardkoppig wees. Ek aan vaar ook iemand nes hulle is moet nooit iemand verander nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot