AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9714
0,00
CORN
29 Mrt
-
4671
0,00
SOYA
29 Mrt
-
8192
0,00
SUNS
29 Mrt
-
8660
0,00
WEAT
29 Mrt
-
6654
0,00
WMAZ
29 Mrt
-
3990
0,00
YMAZ
29 Mrt
-
4053
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Stryd wag oor kwotabesnoeiings

Besproeiingskwotas is talle boere se voorland. 'n Plan sal gemaak moet word om die impak te beperk.

Boere die land oor sal hulle moet gereedmaak om verlaagde besproeiingskwotas deur óf aanpassing óf tempering te bestuur. Die Oos-, Wes- en Noord-Kaap ondervind steeds droogte en is aan waterbeperkings onderhewig.

KwaZulu-Natal is ook nog nie heeltemal uit die moeilikheid nie en Umgeni-water beplan reeds om waterbeperkings vir huishoudelike gebruik met nóg ’n jaar te verleng. Lede van die Laer-Olifantsrivier- watergebruikersvereniging staal hulle vir die volgende waterkwota-afkondiging einde September, en mnr. Johan Matthee, uitvoerende hoof van die Laer-Olifantsrivier-watergebruikersvereniging, verwag dat boere se kwota met so min as 1 500 m3/ha verminder kan word, teenoor verlede jaar se 6 700 m3/ha.

Tussen Januarie en einde Junie het Clanwilliam 49,2 mm reën gemeet teenoor ’n totale reënval van 180,4 mm verlede jaar. In Februarie, Maart en Mei was daar geen reën nie. Mnr. Janse Rabie, hoof van natuurlike hulpbronne by Agri SA, sê boere kan die verlaagde kwotas bestuur met waterbesparende tegnologie of deur aanplantings te verminder. Dié strategieë sal egter die pryse van landbouprodukte opstoot.

Droogte steek vas

Mnr. Sputnik Ratau, woordvoerder van die Departement van Water en Sanitasie, sê damvlakke reg oor die land is gemiddeld 70% vol. Daarteenoor was dit verlede jaar gemiddeld 52% vol. “Hoewel daar rede vir optimisme is, is die droogte nog nie gebreek nie.”

Hy sê tot dusver het die reën in winterreëngebiede nie werklike verligting gebring nie. In die Wes-Kaap is damvlakke gemiddeld 25%, teenoor 46% ’n jaar gelede. Mnr. Johan van den Berg, klimatoloog van Santam Landbou, sê hoewel damvlakke in die Wesen Oos-Kaap begin styg het, is dit nog baie ver van waar dit behoort te wees.

Die Theewaterskloofdam moet volgens statistiek teen einde November meer as 50% vol wees om genoeg water vir die droë seisoen vanaf 1 Desember tot einde Mei te hê. Teen druktyd was dit 21,3% vol. Waterbeperkings op die Oranje- Vaalrivierstelsel in die Noord-Kaap is laat verlede jaar opgehef nadat swaar reën in die laatsomer watervlakke herstel het.

Ratau sê die Tosca-Molopo-gebied is afhanklik van grondwater wat noukeurig gemonitor word. Dit bepaal ook beperkings. Volgens die Staatskoerant is daar einde verlede jaar ’n 20%-beperking op besproeiing in dié gebied ingestel.

Rampgebiede

Die Algoa-stelsel in die Oos- Kaap, wat hoofsaaklik die Nelson Mandela Metropolitaanse Munisipaliteit bedien, is tans 33% vol. Daar geld ’n 25%-perk op huishoudelike gebruik en ’n 60%-perk op besproeiing. By die Makana-munisipaliteit is die voorgestelde beperkings 10% op huishoudelike gebruik en 70% op besproeiing

Die Amatola-stelsel, wat die Buffalo City-metro van water voorsien, is 63% vol, en daar is ’n 50%-beperking op besproeiing. Ratau sê die Amathole- en Makana-distriksmunisipaliteite, saam met die Nelson Mandela Metro, is tot rampgebiede verklaar.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.18
-0.1%
Rand - Pond
22.40
+0.0%
Rand - Euro
19.71
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.17
+0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Platinum
958.24
-1.0%
Palladium
1,417.42
+0.8%
Goud
1,964.98
-0.4%
Silwer
23.17
-0.7%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,445
0.0%
Alle aandele
76,047
0.0%
Hulpbronne 10
66,460
0.0%
Industriële 25
102,327
0.0%
Finansiële 15
15,628
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
Kom ons sien wat die toekoms inhou..
Saggeaard met 'n passie vir my medemens, ambiseus en geniet die mooi in die lewe. Altyd gereed vir 'n nuwe uitdaging.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot