AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Stryery in Parlement oor ‘gronddiewe’

Woorde is in die Parlement rondgegooi oor wie die eintlike diewe van grond in Suid-Afrika is.

Dit is die wittes wat die grond gesteel het, nee, dit is die swartes wat dit by die Khoisan gesteel het.

‘n Stryery hieroor tydens die begrotingsdebat van die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming het daartoe gelei dat mnr. Andile Mngxitama, EFF-LP, die Nasionale Vergadering moes verlaat. Hy het dr. Pieter Groenewald van die VF Plus ‘n dief genoem en geweier om dit terug te trek.

Mngxitama het in die begrotingsrede gesê dit maak nie sin dat die Regering belastinggeld vat om grond wat deur wittes gesteel is, terug te koop nie. Die EFF het weer eens die ANC beloof om saam met hom te stem indien die party Artikel 25 van die Grondwet, wat met eiendomsreg te doen het, wil wysig.

“Ons gaan nie ons grond terugkoop nie.” Hy het die Regering daarvan beskuldig dat hy nie grond aan swartmense wil teruggee nie deur sy weiering om die Grondwet te verander.

Groenewald het geantwoord dat as gesê word dat “ons die grond in Suid-Afrika gesteel het, dan kan ook gesê word dat die swartes die grond van die Khoi en San gesteel het. Laat dit op rekord wees. Hou op om te praat van diefstal. Want dit is dan wáár diefstal plaasgevind het.”

Mngxitama het toe geantwoord dat Groenewald ‘n leuenaar is want die Khoi-San is swart.

Mnr. Mandla Mandela, ANC-LP, het ook kapsie gemaak dat Groenewald die geskiedenis verdraai.

Die PAC het ook ‘n eiertjie te lê gehad. Dié party het pres. Robert Mugabe gelukgewens dat hy die wil gehad het om grond aan sy mense terug te gee en dit ‘n skande genoem dat die Regering plaaswerkers slegs 50% van die kommersiële plase wil gee, pleks van die hele landgoed.

Groenewald het gesê die kwessie sal vir eens en altyd opgeklaar moet word deur saam te stem dat nie wittes of swartes grond gesteel het nie. “Laat ons vandag die storie hier begrawe dat grond gesteel is.”

Groenewald het voordat die debat in ‘n woordestryd ontaard het, gesê  met die vorige eiseproses het 93% van die eisers geld verkies bo grond wat wys hulle stel nie werklik in grond belang nie. “Dit gaan hier bloot om die verspreiding van die belastingbetaler se geld, en die regering dink dit is hoe rykdom geskep word. Om van een te vat en vir ‘n ander te gee, skep nie rykdom nie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.11
-0.6%
Rand - Pond
20.20
-0.5%
Rand - Euro
17.65
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.56
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,697.56
-0.9%
Silwer
20.32
-1.6%
Palladium
2,257.50
-0.2%
Platinum
930.50
+0.6%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
58,956
-0.8%
Alle aandele
65,340
-0.8%
Hulpbronne 10
62,614
-1.1%
Industriële 25
79,353
-0.8%
Finansiële 15
13,990
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opskrif
Ek is fun Om mee SAAM te wees. Hou van lag en Om te bederf. Hou van Kos maak, movie, shopping, uit eet, rond te loop in malls love Dans rugby braai . Om te hug hande vas the Hou...
Om my te Ken is om my lief te he
Sag dinamiese persoon wat iemand altyd eerste stel en respekteer,. Hou van eerlike opregte mense wat nie my tyd mors nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot