AFGRI
BEAN
07 Okt
-
8950
0,00
CORN
07 Okt
-
4818
0,00
SOYA
07 Okt
-
9370
0,00
SUNS
07 Okt
-
10247
0,00
WEAT
07 Okt
-
7215
0,00
WMAZ
07 Okt
-
4965
0,00
YMAZ
07 Okt
-
4850
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Studente tree Cele aan vir gesprek

Mnr. Bheki Cele, Adjunk-minister van Landbou, wil graag met jong mense hande vat, sê Kovsies wat met hom tydens die Ifama-forum gesels het.

"Suid-Afrikaanse leerplanne vir landbou-ekonomie fokus op oplossings, terwyl oorsese programme meer teorie-gedrewe is. Ons studente is meer gewillig om te werk."

Só gesels me. Marcill Venter, 'n navorsingsassistent by die departement landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy was deel van 'n groep studente van Suid-Afrikaanse en buitelandse universiteite wat aan Ifama (internasionale vereniging vir voedsel- en landboubesigheidbestuur) se studenteprogram by die wêreldforum oor landboubesighede en voedsel deelgeneem het.

Die indruk wat hulle van Ifama huis toe geneem het, was dat die res van die wêreld meer gefokus is op liefdadigheid. "Hulle wil net geld in Afrika gooi, en dink dit gaan al die probleme oplos. Ons het die wêreld se kundigheid nodig, maar plaaslike mense moet aangestel word om die probleme op te los."

Venter sê hulle stem ook saam met dr. Ruth Oniang’o van 'n universiteit in Kenia, wat tydens die konferensiedinee vir haar bydrae tot landbou in Afrika vereer is, en gesê het Afrika moet sy eie oplossings plaaslik ontwikkel.

Volgens haar het hulle baie geleer tydens die studenteprogram. "Ons denkwyse het baie ontwikkel. Waar ons altyd net 'n probleem gevat het en dit opgelos het, het ons geleer dat dit meer gaan oor die verpakking van die oplossing en hoe om dit aan 'n gehoor voor te dra. Ons het ook 'n beter begrip van die gonswoorde van die bedryf, soos kleinboere, integrasie en volhoubaarheid, gekry."

Sy sê die forum het Afrika se vele probleme opnuut by hulle tuisgebring, maar ook dat ons plaaslike oplossings moet soek. "Die wêreld gaan nie die probleme vir ons kan oplos nie en die uitdagings van Afrika staar ons as jong mense in die gesig. Ons het ook 'n groot uitdaging om die werksmag te betree."

Venter was deel van die groep Vrystaatse studente wat mnr. Bheki Cele, Adjunk-minister van Landbou, Bosbou en Visserye, na die konferensiedinee eenkant toe geneem het vir 'n kort gesprek. "Ons het dankie gesê vir die baken van hoop in sy toespraak, maar ook dat ons steeds bekommerd is oor die toekoms van kommersiële landbou in Suid-Afrika. As jong mense is ons positief omdat die minister gesê het hy wil graag met jongmense saamwerk en by ons leer. Ons bly optimisties oor landbou in Suid-Afrika en wil 'n verskil maak."

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
+0.1%
Rand - Pond
20.04
+0.3%
Rand - Euro
17.63
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,713.86
+0.1%
Silwer
20.81
+0.7%
Palladium
2,271.47
+0.4%
Platinum
929.00
+0.4%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,416
0.0%
Alle aandele
65,833
0.0%
Hulpbronne 10
63,279
0.0%
Industriële 25
80,027
0.0%
Finansiële 15
13,997
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wie is
Ek leef vir God en sit als in Sy hande dan val alles self in plek. Het baie om te vertel en n vreeslike interessante storieboek, maar heeltemal te veel om te tik. My swakste...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot