AFGRI
BEAN
07 Feb
-
9897,6
28,60
CORN
07 Feb
-
4650,6
39,60
SOYA
07 Feb
-
8750
-38,00
SUNS
07 Feb
-
10166
26,00
WEAT
07 Feb
-
6801,4
34,40
WMAZ
07 Feb
-
4319
8,00
YMAZ
07 Feb
-
4451
8,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Studie toon talle boere nie voorbereid op aftrede

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Theuns Botha
Foto: Theuns Botha
Een uit vyf boere beoog om binne die volgende tien jaar hul boerdery te verlaat, en talle boere wat behoort uit te tree, is nie voorbereid op aftrede nie.

Dit was bevindinge van ’n PhD-proefskrif van dr. Kandas Cloete, wat sy in 2021 vir haar studie in landbou-ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch ingedien het.

“Ons almal ken iemand, of iemand wat iemand ken, wat in die afgelope paar jaar uit die landbou getree het,” sê Cloete. “Die vraag waarom produsente uit die boerdery tree en hul grond verkoop, is ’n onderwerp wat histories in data-tabelle en vanuit ’n beleidsperspektief gedek is. My belangstelling was om vooruit te skat of hierdie patroon gaan voortduur, en wat die dryfkragte is agter die besluit om uit te tree of aan te bly.”

Cloete, tans ’n senior ontleder by die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP), het terugvoer van 450 deelnemers ontvang in ’n opname oor watter faktore produsente se besluite om uit die bedryf te tree, beïnvloed.

Dit sluit produsente in met planne om uit te brei, wat hul boerderybedrywighede wil hou soos dit is, of dié wat beoog om uit die landbou te tree.

Sy kon vier groepe identifiseer: die ambisieuse boere, die boere wat wil voortgaan soos tans, die boere wil wat uittree, en die boere wat wil aanbly.

Sy het bevind dat 20% van die produsente binne die volgende dekade die boerdery sal verlaat, terwyl die ander drie groepe sal aanhou boer. Boere wat tussen 30 en 45 jaar oud is sal waarskynlik eerder die boerdery verlaat as dié tussen 45 en 65 jaar.

Volgens Cloete sal boere wat binne die volgende tien jaar uittree, ’n derde-generasie, 54-jarige individu met 26 jaar ondervinding en ’n kollegediploma of universiteitsgraad wees. “Hierdie produsent betaal tipies nog af aan langtermynlenings, terwyl hy ook produksielenings en ander tipes skuldkapitaal gebruik.”

Dié boere se strategie sal wees om eerder boerderywerksaamhede kleiner te maak as om uit te brei. Daarom sal dit moeilik wees om lenings te bestuur, terwyl hulle ook aftrede in die oog moet hou.

Die besluit om die bedryf te verlaat word onder meer geraak deur beleggingskoste, finansiële beperkings en die produsente se ouderdom. Nog faktore is aftrede sonder opvolging, finansiële probleme, ’n gebrek aan betroubare arbeid, onsekerheid oor grondhervormingsbeleid en kommer oor landelike veiligheid.

Hoewel daar geen verband tussen omset en uittreeplanne is nie, glo Cloete dat ’n omset van R10 miljoen of meer per jaar ’n belangrike rol speel in die besluit om te bly.

Dié besluite word ook beïnvloed deur sakevertroue en produksielenings. “Dit is gewoonlik ’n kombinasie van verskillende faktore wat die besluit om uit die boerdery te tree en die grond te verkoop, bepaal.”

Grondmark

Weens dié boere se uittreeplanne is daar dus genoeg grond beskikbaar op die mark en funksioneer die Suid-Afrikaanse grondmark goed, sê Cloete.

Daarom is die grondaanbod in die algemeen nie ’n beperkende faktor in transformasie in die landbousektor nie. Daar sal genoeg grond wees vir mense wat die bedryf wil betree of wat wil uitbrei.

Cloete sê egter die grondmark is tot ’n mate beperk deur die hindernisse tot die uittrede uit die boerdery, wat gevolglik ook ’n hindernis is vir toetrede vir voornemende boere.

“Dikwels skep een mens se besluit om uit te tree ’n geleentheid vir iemand anders. Daardie produsente wat uittreeplanne beraam, is ook besig om uitbreiding deur ander produsente en toegang vir nuwe toetreders moontlik te maak.”

Faktore wat ’n boer kan verhinder om uit die boerdery te tree of die besluit kan beïnvloed, word gekoppel aan drie faktore, naamlik finansiële kwesbaarheid, versonke koste (bates wat nie teen boekwaarde verkoop kan word nie) en transaksiekoste (totale koste verbonde aan die verkooptransaksie).

Kwessies soos pagsoek, die soeke na grondeienaars en die indruk dat grondmarkpryse sal toeneem, is ook hindernisse tot uittrede.

Uittree

Volgens Cloete is nog ’n kommerwekkende bevinding dat produsente wat ouer word, onvoorbereid is op aftrede, omdat boere finansieel kwesbaar is weens die risiko’s van boerdery.

Sy sê dié wat behoort uit te tree, vind dat hulle vasgevang is deur die hindernisse tot uittrede en nie ’n uittree-strategie het nie.

Sy sê daar is ook ’n aantal produsente wat beoog om voort te gaan met hul werksaamhede hoewel hulle beperk word deur bestaande finansiële verpligtinge en hulle nie beoog om vir die toekoms te belê nie.

“Terwyl dit lyk asof daar gesamentlik ’n groot aptyt is om, by wyse van spreke, die bul by die horings te pak, word sommige produsente genoodsaak om probleme na die beste van hul vermoë te hanteer terwyl hulle kan, (en) om waarde toe te voeg – op die inkomste- en balansstate. Baie produsente sal egter uiteindelik aftree en hul plase verkoop omdat geen ander lewensvatbare oplossing beskikbaar is nie.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.65
+0.1%
Rand - Pond
21.16
+0.4%
Rand - Euro
18.93
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.23
-0.5%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Platinum
973.88
+0.0%
Palladium
1,597.20
-0.1%
Goud
1,876.25
+0.5%
Silwer
22.43
+0.7%
Brent-ruolie
80.99
+1.3%
Top-40
73,577
+0.1%
Alle aandele
79,644
+0.1%
Hulpbronne 10
73,975
-0.2%
Industriële 25
103,392
+0.3%
Finansiële 15
16,365
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Alleen maar gelukkig
Ek is n sosiale spontane mens wat hou van lag en goeie geselskap. Ek werk hard, soms lang ure, maar hou ook van rustig wees. Ons is nie veronderstel om alleen deur die lewe te...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot