
Die kykNET-reeks Boer soek ’n vrou is Januarie volgende jaar terug vir sy 15de seisoen, maar briewe vir die toptien boere kan nou reeds gestuur word. Die deelnemers, wat ses provinsies verteenwoordig, se ouderdomme wissel van 26 tot 50. Daar is een vroulike boer, Cherié van Herbertsdale, onder die toptien boere.
Diegene wat boere beter wil leer ken, kan dit op die volgende maniere doen:
• Skryf in op kykNET se webwerf by www.kyknet.tv;
• Kontak die vervaardigers, Wolflight, by 076 600 6090; of
• Stuur ’n e-pos na boer@wolflightsa.com.
Briewe en pakkies kan ook na Boer Soek ’n vrou, Postnet 211, Privaatsak X15, Somerset-Wes 7129 of Coronationlaan 11, Somerset-Wes 7130 gestuur word.
Diegene wat vir die toptien boere ’n brief wil skryf, moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of ’n weduwee of wewenaar wees. Inskrywings moet voor middernag op 28 Julie ingedien word.
Besoek www.kyknet.tv vir nog inligting.
Hier is die seisoen se top tien boere: