AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Suid-Afrika swem stroomop tot nadeel van landbou

akkreditasie
Foto: Werner Rossouw
Foto: Werner Rossouw
Die Suid-Afrikaanse regering klou vas aan sy plan vir streng regulasies vir teeltegnieke, soos genoomredigering.

Terwyl China en Brittanje die jongste lande geword het om bekend te maak dat dieselfde streng regulasies as vir geneties gemodifiseerde produkte (GMO’s) nie vir nuwe teeltegnieke, soos genoomredigering, sal geld nie, klou die Suid-Afrikaanse regering hardkoppig vas aan sy plan om stroomop te swem.

Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het dit duidelik aan Landbouweekblad gestel dat net omdat China iets doen, beteken dit nie Suid-Afrika moet dieselfde doen nie. Landbouweekblad wou weet of die departement dit oorweeg om sy besluit te hersien in die lig van ontwikkelinge in die buiteland.

Talle ander lande, waaronder Argentinië, Brasilië en Amerika, het ook reeds besluit dat produkte van nuwe teeltegnieke (soos Crispr) afsonderlik gereguleer moet word en nie onder GM-wetgewing val nie.

Mnr. Reggie Ncgobo, woordvoerder van die ministerie van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het gesê in ooreenstemming met die kommunikasie wat verlede jaar gesirkuleer is, sal genoomredigering onder die Wet op Geneties Gemodifiseerde Organismes (Wet 15 van 1997) gereguleer word.

“Tot dusver het ons geen aansoeke ontvang vir genoomredigeringsprodukte nie. Daar is dus geen rede vir ons om ons posisie te verander nie. Soos met enige regulatoriese stelsel, probeer ons om dit te verfyn en te verbeter. As daar geen aansoek is nie, is daar geen grondslag vir verfyning van die regulatoriese benadering nie.”

Hy het benadruk dat regulatoriese stelsels van land tot land verskil. “Net omdat China iets gedoen het, beteken nie ons moet dieselfde doen nie. Ons moet die regulatoriese raamwerk volg.”

Verskeie organisasies binne die plaaslike landboubedryf, wat Agbiz, Sansor en CropLife SA, insluit het egter al in November appèl ingevolge GM-wetgewing teen die department se besluit aangeteken en wag nou op die volgende stappe in die proses.

China

Die nuusdiens Reuters berig dat China sy voorgestelde reëls vir genoom-geredigeerde plante bekend gemaak het sodat voedselsekerheid bevorder kan word deur sneller gewasverbetering. China wat ook jare gedraal het met ’n besluit of GM gewasse toegelaat moet word, het ook nou duidelike regulasies oor GM gewasse afgekondig.

Wat genoomredigering betref, is China voor die meeste ander lande. Chinese wetenskaplike het al die meeste navorsing hieroor gepubliseer, sê Rabobank in ’n verslag. Die land belê sterk in die tegnologie en ’n oop beleid daaroor word verwag.

“China se voorgestelde benadering tot genoomredigering is in die kol,” sê dr. Hennie Groenewald, uitvoerende hoof van Bioveiligheid SA, in sy reaksie. “Dit tref ’n sinvolle balans tussen die potensiële voordele en risiko’s van die tegnologie en skep daarom ’n geleentheid vir volhoubare bio-innovasie ter bevordering van voedselsekerheid, ekonomiese groei en omgewingsvriendelike landboupraktyke.

“Die benadering is soortgelyk aan dié van verreweg die meeste lande wat reeds soortgelyke regulasies afgekondig het en bevorder dus ook internasionale regulatoriese belyning en handel. Suid-Afrika sal sy sokkies moet optrek indien die land die reuse-geleenthede wat die bio-ekonomie bied, wil aangryp.”

Prof. Dave Berger van die departement plant- en grondwetenskappe en die instituut vir bosbou- en landboubiotegnologie (Fabi) aan die Universiteit van Pretoria sê China besef die waarde wat nuwe teeltegnieke soos genoomredigering vir voedselsekerheid op lang termyn inhou.

“Hierdie lande sluit aan by lande wat vooruit dink en besef dat daar ’n onderskeid is tussen genoom-geredigeerde gewasse en GM gewasse en dat afsonderlike regulatoriese stelsels nodig is. Genoom-geredigeerde produkte wat geen vreemde DNS bevat nie en nie onderskei kan word van konvensioneel geteelde gewasse nie, sal nou baie vinniger die mark kan bereik.”

Brittanje

Terwyl die Europese Unie (EU) nog oor die hele kwessie van nuwe teeltegnieke worstel, het Brittanje, wat nie meer deel is van die EU nie, nuwe wetgewing aanvaar wat rompslomp met nuwe teeltegnieke uit die weg ruim. Dit sal boere help om meer produktiewe gewasse, wat ook meer voedsaam is en groter weerstand teen siektes bied, te kan aanplant.

Die nuwe regulasies geld plante wat deur genoomredigering verbeter word en waar die plante nie onderskei kan word van ander wat deur stadiger konvensionele teeltegnieke ontwikkel word nie. Die departement vir die omgewing, voedsel en landelike sake sê hierdie wetgewing is die eerste stap na ’n meer wetenskaplike benadering tot die regulering van genetiese tegnologie, wat weer meer innovasie sal ontsluit.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.2%
Rand - Euro
17.74
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot