AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Suid-Afrikaner wen wêreld se ‘langste, taaiste’ uithourit

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Willemien Jooste en Deirdre Griffith ry oor die wenstreep. Foto: Verskaf
Willemien Jooste en Deirdre Griffith ry oor die wenstreep. Foto: Verskaf
Agt dae lank het die Noord-Kaapse veeartseny-verpleegster Willemien Jooste (38) en die Amerikaner Deirdre Griffith van 07:00 soggens tot 19:00 saans elke minuut wat hulle kon in die saal van halfwilde perde deurgebring om uiteindelik te kon koning kraai in die Mongoolse Derby, wat as die wêreld se langste en taaiste uithourit beskou word.

Die twee het Saterdag (30 Julie) die gesamentlike wenners geword van die 1 000 km-lange Mongoolse Derby toe hulle die wedren-voorlopers, Chris Walker en Patrick Heffron, by die tweede laaste perdestasie verbygesteek het. ’n Paar naelbyt-ure later het Jooste en Griffith hand aan hand oor die wenstreep gery.

Die rit is gegrond op die wêreld se eerste langafstandposoordragstelsel wat in 1224 deur Chinggis Khaan opgerig is. Sy boodskappers kon danksy ’n enorme netwerk perdestasies binne enkele dae van Kharkhorin na die Kaspiese See galop. Elke jaar tydens die Mongoolse Derby word die netwerk herskep, met ’n perdestasie by elke 35 km van die 1 000 km-lange roete.

“Ons het ’n paar reëls aan onsself gestel, soos om nie aan die ander ruiters te dink nie en net ons eie ding te doen. Ons het ook seker gemaak ons word nie gepenaliseer nie en die ander reël was dat ons nie mag sit nie, want as jy sit, is dit lekker en dan wil jy nie weer opstaan nie! Ons het gewoonlik net by die perdestasies ons kos gegryp en in ons sakke gedruk en dit dan geëet wanneer ons weer op die perd is,” vertel Jooste in stemnota’s aan Landbouweekblad vanuit die Mongoolse steppe.

“Die ander ding wat ons gereeld gesê het, is: Hoe eet jy ’n olifant? Hap vir hap. Ons het maar net probeer om ons koppe reg te hou en seker te maak ons mors nie ’n oomblik nie. En dit het gewerk, want ons is baie tevrede met die resultaat,” sê Jooste, wat saam met haar man, Frans, GeneCo Repro bedryf en op hul plaas tussen Phillipstown en Petrusville woon.

Van die perde waarop ruiters kon ry. Foto: Verskaf
Mongoolse Derby
Een van die perde waarop Jooste gery het. Foto: Verskaf

‘Gaan ons bes doen’

Sy en Griffith het mekaar op die tweede dag van die uithourit ontmoet, nadat Jooste met twee ure gestraf is omdat haar perd se hartklop nie vinnig genoeg gedaal het nie.

“Dit was sowat 18:15 die aand en ons word toegelaat om tot 19:00 te ry. Ons was albei lus om nog ’n paar kilo’s in te kry, maar dit het beteken ons moes by vreemdelinge langs die pad oorslaap. Tot op daardie punt het ek gehoop om darem net onder die eerste tien te eindig. Dit sou vir my ’n groot ding gewees het. Maar toe ek en Deirdre mekaar ontmoet, en besef ons het dieselfde manier van dinge doen en dieselfde uitkyk, het ons basies besluit – sonder om dit vir mekaar te sê – ons gaan ons bes doen,” vertel Jooste en sê hulle het daarna gewoonlik by vreemdelinge aan huis gebly sodat hulle soveel as moontlik kilometers so gou as moontlik kon aflê.

Jooste sê haar lyf is “nogal nie seer nie”, maar aan haar geswelde tone kon sy sien haar “voete het hard gewerk”.

Sy het in 2019 op sosiale media die eerste keer van die Mongoolse Derby gelees en kon dit nie uit haar gedagtes kry nie. Hoewel hulle perde op die plaas het, het haar werk en gesin haar so besig gehou dat sy nie gereeld perdgery het nie.

“Daardie Desember het ek weer ernstig begin perdry en begin draf en met gewigte oefen. Ek het ook kragoefeninge gedoen en joga met die hulp van ’n foontoepassing begin doen. Ek het toe agtergekom ek het nie eintlik perde wat so ver kan ry nie. Ons plaasperde kan ’n goeie dag se skaapwerk doen, maar nie die tipe afstande wat ek moes inkry nie.”

Uiteindelik het mnr. Frans Wiid, ’n boer van Hopetown, haar gehelp met perde.

“Mona is ’n ongelooflike perd, en ek het seker duisende kilometers op haar geoefen die afgelope drie jaar. Sy is 18 jaar oud, maar gebou soos ’n atleet. Sy hou net nie op met hardloop nie.”

Jooste sê sy is nog in die wolke en het nog nie regtig gedink oor wat sy volgende wil aanpak nie.

“Ek dink hierdie was vir my ’n eens-in-’n-leeftyd-geleentheid, maar ek weet nie of dit al mooi ingesink het nie.”
Mongoolse Derby
Jooste saam met van die plaaslike inwoners. Foto: Verskaf
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.63
+1.2%
Rand - Pond
20.23
-0.2%
Rand - Euro
17.61
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.47
+1.3%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,726.04
+1.5%
Silwer
21.05
+1.6%
Palladium
2,321.00
+4.3%
Platinum
934.50
+3.3%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.3%
Alle aandele
66,313
+3.2%
Hulpbronne 10
64,568
+4.5%
Industriële 25
80,073
+3.2%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot