AFGRI
BEAN
29 Sep
-
9347
7,00
CORN
29 Sep
-
4790
13,00
SOYA
29 Sep
-
9420
59,00
SUNS
29 Sep
-
10200
226,00
WEAT
29 Sep
-
7099,4
28,40
WMAZ
29 Sep
-
4885,4
3,40
YMAZ
29 Sep
-
4853,8
25,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Suid-Kaap se grondpryse blom

Plaaspryse in die Suid­-Kaap en Overberg-­gebied het die afgelope vyf jaar 'n bloeitydperk beleef.

Mnr. Matthys Heyns, professionele waardeerder van Swellendam, sê die afgelope vyf jaar se goeie groei in grondpryse in die Suid-Kaap is danksy gunstige reënval en stygende produkpryse, veral van graan, wol en uitvoerprodukte. “Droëlandpryse het gemiddeld met 10% gestyg, maar besproeiingsgrond teen laer koerse.

“Duur implemente, hoër insetkoste en stygende rentekoerse laat boere tans twee keer dink, maar die lae aanbod sal pryse hoog hou. Vroeër het 'n misoes pryse laat afkoel, maar nou sal twee misoeste nodig wees,” sê Heyns, wat hoofsaaklik in die gebied vanaf Botrivier tot Mosselbaai werk.

Heyns sê produktiewe plase kom bitter min in die mark. “Plase word sommer deur die buurman gekoop terwyl die eienaar nog maar dink aan verkoop.” Droëlandplase is uiters gewild en word meestal deur boere in die omgewing gekoop.

“Veeplase word soms deur boere uit die noorde gekoop, maar ons grond is relatief duur in verhouding tot die produktiewe waarde. Sitrusboere uit ander streke het die laaste twee jaar hier begin koop weens die siektevrye omgewing. Hulle is egter baie spesifiek wat betref klimaat, grond en waterkwaliteit.”

Besproeiingsgrond verkoop teen R120 000/ha tot R200 000/ha, droëland teen R30 000/ha tot R45 000/ha, duineveld met gehalte­weiding of dekriet teen R6 000/ha tot R10 000/ha, en renosterbosveld en fynbos teen R2 500/ha tot R5 000/ha.

Huurgrond beskikbaar vir graanverbouing is uiters skaars. Droëland verhuur tans teen tussen R1 000/ha tot R2 000/ha per jaar en besproeiingsgrond se huur wissel tussen R7 000/ha en R12 000/ha per jaar.

By laasgenoemde speel faktore soos watergehalte, kragkoste en besproeiingstelsels 'n rol. Heyns sê die landbou bly die omgewing se lewensaar, met toerisme tweede belangrikste. “Ons het 'n gematigde klimaat en 'n veilige omgewing wat mense uit die noorde aantrek.”

Daar is boonop min tot geen grondeise op plase. Leefstylplase is gewild, maar Heyns sê kopers betaal selde meer as R5 miljoen vir 'n klein plasie met min inkomste. Hier oorweeg kopers veral die ligging, natuurskoon en infrastruktuur. – CARIEN KRUGER

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.96
-0.7%
Rand - Pond
19.94
-2.6%
Rand - Euro
17.60
-1.3%
Rand - Aus dollar
11.66
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,659.71
-0.0%
Silwer
18.82
-0.4%
Palladium
2,201.50
+2.4%
Platinum
868.00
+0.2%
Brent-ruolie
89.32
+3.4%
Top-40
56,921
-0.9%
Alle aandele
63,264
-0.9%
Hulpbronne 10
59,793
+3.2%
Industriële 25
76,769
-2.3%
Finansiële 15
13,707
-2.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Geloof, Hoop, Liefde
Ek is sag en liefdevol, n omgee en hartsmens, wat lief is vir die natuur, diere, kinders en oumense. Ek hou van lag, selfs vir myself en kan lekker jonk van gees wees en steeds...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot