AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Suiker: Bedryf hoop belasting bly onveranderd

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Johan van der Merwe
Foto: Johan van der Merwe
Die bedryf sou verkies dat suikerbelasting heeltemal afgeskaf word, maar dit blyk onwaarskynlik te wees.

Die Suid-Afrikaanse Suikervereniging (SASV) hoop dat die tesourie vir die derde agtereenvolgende jaar nie die gesondheidsheffing op suikerdrankies sal verhoog nie.

Die suikerbedryf is goed op die herstelpad nadat ingryping van die staat, in die vorm van ’n meesterplan vir die suikerwaardeketting wat vir tot 2030 ontwikkel is, gekom het nadat die bedryf verskeie krisisse beleef het wat gedreig het om dit te laat ineenstort. Een van die groot oorsake wat hiertoe bygedra het, is ’n “administratiewe fout” van die staat wat 500 000 ton tariefvrye diepsee-suikerinvoer meegebring het wat plaaslik geproduseerde suiker verplaas het.

Die diepsee-suiker is vir sewe weke, vanaf 28 Julie 2017 tot 15 September 2017, tariefvry vanaf Brasilië en die Verenigde Arabiese Emirate ingevoer en vir die res van daardie jaar was die tarief baie laer as wat dit moes wees. Boonop het die staat, toe die bedryf reeds ’n erge krisis beleef het, die gesondheidsheffing – algemeen bekend as suikerbelasting – in 2018 ingestel.

Mnr. Trix Trikam, uitvoerende direkteur van die SASV, het by ’n mediasessie in Kaapstad gesê dat die gesondheidsheffing nou een van die grootste kwessie vir die bedryf is. In die eerste jaar van die instel van hierdie belasting het die bedryf 250 000 ton se verkope verloor.

Die meesterplan is in 2020 “gedeeltelik” onderteken en toepassing het begin. Landbouweekblad verneem daar is ’n onderneming dat die suikerbelasting vir die eerste fase van die instel van die plan, wat ’n geskatte drie jaar kan duur, nie verhoog sal word nie.

Trikam het gesê hulle sou verkies dat die belasting heeltemal afgeskaf word, maar dit blyk onwaarskynlik te wees. “Die ideale situasie vir nou sal wees dat dit onveranderd bly.”

Mnr. Enoch Godongwana, minister van finansies, lewer op Woensdag 23 Februarie sy begrotingsrede.

Die gewelddadige onluste verlede Julie in KwaZulu-Natal het meegebring dat suikermeulens produksie moes stopsit, wat ’n verlies van R100 miljoen meegebring het. Twee pakhuise is geplunder waar meer as 2 500 ton suiker gesteel is en 500 000 ton suikerriet is gebrand. Sowat 135 000 ton van die gebrande suikerriet kon nie verwerk word nie. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.16
-0.9%
Rand - Pond
20.11
-0.0%
Rand - Euro
17.68
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,693.39
-1.1%
Silwer
20.00
-3.2%
Palladium
2,181.50
-3.6%
Platinum
914.00
-1.2%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,280
-0.2%
Alle aandele
65,676
-0.2%
Hulpbronne 10
63,294
+0.0%
Industriële 25
79,505
-0.7%
Finansiële 15
14,072
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Op soek na my "one and only"
Ek is Afrikaans maar gaan die volgende in Engels skryf. Hi. I'm Johan. I'm successful, love my job and content with life. Love music, food and love the beach. and my...
Sprankelende nooi opsoek na opregte man
Ek is n vrou wat baie gou vir mense omgee en altyd wil help waar ek kan. My hart is baie sag. As ek lief is vir iemand dan gee meer as net 100% ek beskerm, versorg , bederf, gee...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot