AFGRI
BEAN
07 Feb
-
9885
16,00
CORN
07 Feb
-
4639
28,00
SOYA
07 Feb
-
8750
-38,00
SUNS
07 Feb
-
10130
-10,00
WEAT
07 Feb
-
6814
47,00
WMAZ
07 Feb
-
4289
-22,00
YMAZ
07 Feb
-
4425
-19,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Suikerbelasting beslis op pad!

Eers sondebelasting, nou soetbelasting! Die gesondheidsvoordele van die beoogde suikertaks oortref glo die ekonomiese impak daarvan.

Dit blyk dat suikerbelasting onafwendbaar gaan wees, met die maatskaplike-ekonomiese studie wat aandui dat die instel van só ’n belasting nie ’n erg verlammende effek op die suikerbedryf sal hê nie.

Die Tesourie het verlede jaar in sy begrotingshersiening aangedui dat hy suikerbelasting vanaf 1 April 2017 inwerking wil hê.

Landbouweekblad het eksklusief vasgestel dat die gesondheidsvoordele van die inisiatief die ekonomiese impak oortref.

Mnr. Cecil Morden, hoofdirekteur vir ekonomiese belasting-analise by die Nasionale Tesourie, het aan Landbouweekblad gesê dat die konsepverslag rakende die studie op 11 November beskikbaar gestel sal word. Dit dui aan dat die ekonomiese impak nie so erg is as wat die bedryf glo nie.

'Rampsoeidige gevolge'

Maar mnr. Trix Trikam, uitvoerende direkteur van die SA Suikervereniging (SASV), hou vol dat die suikerbedryf meen dat die voorgestelde suikerbelasting op die koeldrankbedryf rampspoedige gevolge inhou. “Om hierdie rede het ons ’n beroep gedoen, dat ’n behoorlike maatskaplike-ekonomiese studie gedoen word.”

Hy glo ’n behoorlike studie sal aandui dat die voordeel van die belasting slegs ten gunste van die koffers van die tesourie is. Die bedryf dink die belasting sal werksverliese meebring.

“Ons span reeds saam met die Verbruikersraad om te kyk na herformulerings. Een van die studies wat ons glo nodig is, is om alle voedselsoorte se impak op vetsug te ondersoek om te bepaal wat werklik vetsug veroorsaak. Dit kan nie waar wees dat nét suiker vetsug veroorsaak nie.”

Bevorder goeie lewenstyl

Hy het bygevoeg dat die suikerbedryf ’n gebalanseerde lewenstyl bevorder en die kalorieë wat jy inkry en die hoeveelheid jy verbrand, bepaal of jy vet word of nie.

Indien Suid-Afrika uiteindelik met mening die biobrandstofbedryf aan die gang kry, sal dit die bedryf ’n hupstoot kan gee. “Indien brandstof-etanol wel deurkom, is daar ’n goeie kans dat die bedryf sal groei, want meer suikerriet sal aangeplant moet word. Die bedryf sal ook die suiker wat hy uitvoer, in etanol kan omskakel.”

Trikam het benadruk dat die bedryf hoop dat die belasting nie ingestel word nie en dat die etanolbedryf pos sal vat. “Maar as die Regering die belasting deurdruk, moet hy daarna kyk om werksverliese te kussing en die etanolprogram kan so iets wees.”

Verlies van 170 000 ton suiker

Die bedryf reken die gevolg van suikerbelasting ’n verlies van 170 000 ton suiker vir die plaaslike mark sal meebring. Hierdie suiker sal moontlik teen ’n verlies op die uitvoermark verkoop moet word.

Volgens die bedryfsliggaam vir die vervaardigers van nie-alkoholiese drank in Suid-Afrika (BevSA) is daar data wat toon dat die heffing van belasting vir ’n klein deel van die verbruiker se daaglikse dieët nie sal lei tot ’n beduidende verlaging in die algehele suikerinname nie. Versoete suikerdrankies maak minder as 10% van die daaglikse kalorie-inname uit.

Rakende die impakstudie wat uitgebring gaan word, het BevSA gesê hy verwelkom die geleentheid om met konsultasie met die Tesourie voort te gaan.

Versoekte suikerdrankies

Die Regering wil versoete suikerdrankies belas met 2,29c vir elke gram suiker per liter. Die belasting geld nie vrugtesappe waarin natuurlike suiker voorkom nie en ook nie vir onversoete melk en melkprodukte nie.

Produsente wat dusver versuim het om inligting oor die voedingswaarde op die produk aan te bring, sal met ’n hoër belastingkoers belas word om hulle aan te moedig om vrywillig etikette aan te bring.

Morden het aangedui dat op 11 November ’n werksessie by die Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika gehou word waar ’n daglange bespreking met alle kenners gevoer sal word. Dit is hier waar die konsepverslag oor die impakstudie bekendgemaak sal word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.60
+0.3%
Rand - Pond
21.14
+0.4%
Rand - Euro
18.84
+0.6%
Rand - Aus dollar
12.19
-0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.6%
Platinum
977.19
+0.3%
Palladium
1,635.67
+2.3%
Goud
1,874.95
+0.4%
Silwer
22.27
-0.0%
Brent-ruolie
80.99
+1.3%
Top-40
73,434
-0.1%
Alle aandele
79,534
-0.1%
Hulpbronne 10
74,594
+0.7%
Industriële 25
102,656
-0.5%
Finansiële 15
16,333
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Iemand ordentlik asb
Ek is lief vir die lewe. Ek hou van kuier saam vriende en famile. Soek rus en vrede sonder drama
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot