AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
9998,4
-117,60
CORN
20 Mrt
-
4457,6
-43,40
SOYA
20 Mrt
-
8505
-103,00
SUNS
20 Mrt
-
9390
-248,00
WEAT
20 Mrt
-
6630
-41,00
WMAZ
20 Mrt
-
3950
-38,00
YMAZ
20 Mrt
-
4156
-27,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
0,00
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
0,00
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,00
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
0,00
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
0,00
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
0,00
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
0,00
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,00
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
0,00
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
0,00
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,00
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
0,00
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,00
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
0,00
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
0,00
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
0,00
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,00
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
0,00
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,00
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,00
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
0,00
Deel

Suikerriet: Boere hoop goeie reën help hul dié winter

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Johan van der Merwe
Foto: Johan van der Merwe
Suid-Afrika se suikerrietkwekers, veral in die droëlandgebiede van KwaZulu-Natal, hoop dat die algemeen goeie reënval wat hulle in die somer gehad het, sal help om ’n gunstige balans tussen opbrengste en sukrosevlakke te bereik.

Dr. Thomas Funke, uitvoerende hoof van die SA Suikerrietkwekers-bedryfsorganisasie, sê suikerrietkwekers verwelkom dié reën. Die wydverspreide, deurdringende reën van Maart en veral April het opgemaak vir die ietwat droër Februarie wat die meeste van hierdie produsente beleef het.

“Die reën het die vooruitsigte vir suikerrietprodusente verander met ’n goeie oes wat nou verwag word. Hierdie gunstige oesverwagting wek egter ’n mate van kommer oor die vermoë van sommige suikermeulens om die hele oes vanjaar te verwerk. Daar is ook ’n mate van kommer in die besproeiingstreke van Mpumalanga en Noord-Zoeloeland dat die oes effens laer kan wees as wat verwag is aangesien die minder aantal sonskyndae in die somer opbrengste kan beïnvloed,” sê Funke.

Me. Chloe Jenkins, ’n droëlandsuikerrietkweker in die distrik Harding, sê dit gaan interessant wees om te sien hoe suikermeulens vanjaar suikerriet wat van verlede jaar oorgedra is, en die goeie oeste wat verwag word, gaan verwerk.

Landbouweekblad het vroeër berig kwessies met kapasiteit by verskeie suikermeulens in Suid-Afrika het daartoe gelei dat meer as 1 miljoen ton suikerriet nie in 2021 verwerk is nie. Dit het die inkomste van die betrokke produsente nadelig beïnvloed. Hul suikerriet wat eers vanjaar verwerk sal word, kan van swakker gehalte wees en sodoende minder gunstige verhaalbare waardes – waarvoor suikerrietboere betaal word – bereik.

“Die goeie reën is ’n bietjie van ’n tweesnydende swaard, want dit help met goeie groei, maar kan ook laer suiker in die suikerriet tot gevolg hê. Ons hoop dat die komende droër wintermaande sal help om ’n balans tussen goeie groei en goeie suikerinhoud te kry,” sê Jenkins.

Mnr. Phenias Gumede, koördineerder van die boereforum van die Makhathini-besproeiingskema in die noorde van Zoeloeland, sê die reën was ’n seën en ’n probleem vir die kwekers – waarvan die meeste op klein skaal is – in sy distrik wat hul suikerriet besproei. Die nat toestande het dit moeilik gemaak vir voertuie, veral vragmotors, om na en van suikerrietlande te kom.

Die gehalte van suikerriet se suiker neem af in die tydperk tussen die sny en verwerking van ’n oes. Dus is enige vertragings tussen hierdie twee prosesse ongunstig.

“Nat toestande in die landerye maak dit moeilik om die onkruid wat weens die reën sterk groei, aan te pak,” sê Gumede. “Die reën sal egter die groei van die jonger suikerriet bevoordeel namate ons in die droër wintermaande inbeweeg. Ons suikerrietkwekers moet net die onkruid onder beheer kan hou.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.52
-0.6%
Rand - Pond
22.74
-1.6%
Rand - Euro
19.86
-0.8%
Rand - Aus dollar
12.44
-1.2%
Rand - Jen
0.14
-1.3%
Platinum
988.38
+2.1%
Palladium
1,411.23
-0.0%
Goud
1,978.75
-0.5%
Silwer
22.54
-0.3%
Brent-ruolie
72.97
-2.4%
Top-40
68,799
+2.6%
Alle aandele
74,271
+2.4%
Hulpbronne 10
65,660
+4.2%
Industriële 25
99,818
+2.8%
Finansiële 15
15,066
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hou van kamp
Gemaklik met vriendelike geaardheid. Goeie waardes heg baie waarde aan eerlikheid. Natuur en kamp is van my voorkeure. Gesond en sportief. Bok vir sport
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot