AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Suiwelpryse styg met 11%

Produsentepryse vir onverwerkte melk en suiwelprodukte het in die twaalf maande tot einde September albei met sowat 11% gestyg.

Dit was ’n egalige styging, anders as die groot skommelings wat in die internasionale mark plaasgevind het, sê mnr. Alwyn Kraamwinkel, hoof uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Melkverwerkersorganisasie (Sampro).

Luidens ’n Sampro-verslag oor prysneigings het die prys wat boere vir onverwerkte melk gekry het in die betrokke twaalf maande met gemiddeld 11,2% gestyg en die prys wat verwerkers vir suiwelprodukte gekry het is met 10,9% op. Kraamwinkel sê dit wys verbruikers steun steeds suiwelprodukte, ondanks die druk wat hulle weens stram ekonomiese tye ervaar.

Hy sê verder die prysneigings toon dat die vraag en aanbod na melk en suiwelprodukte redelik in balans verloop het en dat die aanbod die vraag gevolg het. In die internasionale mark het die pryse van onverwerkte melk en suiwelprodukte volgens die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbouorganisasie van Februarie 2013 tot Februarie 2014 met 30,5% gestyg en sedert Februarie vanjaar tot September weer met 31,6% gedaal.

Sampro se verslag toon in Suid-Afrika het die prys van onverwerkte melk, vergeleke met syfers van Statistieke Suid-Afrika oor pryse van primêre landbouprodukte, in die jaar tot einde September soortgelyk aan dié van lewende hawe gestyg. Produsentepryse vir melk het egter baie meer gestyg as onder meer pryse vir vrugte en groente, wat met 1,2% gestyg het, en graangewasse, wat met 6,3% gedaal het. Die stygings in die pryse vir suiwelprodukte was wat verwerkte kos betref soortgelyk aan dié van vleisprodukte, en meer as dié van styselprodukte en dierevoer (8,8%) en gebak (7,7%).

Op langer termyn vergelyk die stygings in pryse van onverwerkte melk en suiwelprodukte goed met die hoër punt van voedselprysstygings. Plaashekpryse vir onverwerkte melk het van Januarie 2012 tot September 2014 met 32,3% gestyg en produsentepryse vir suiwelprodukte met 30,9%.

Op kort termyn wys Sampro se verslag onverwerkte melk en suiwelprodukte se pryse het van Augustus tot September vanjaar met onderskeidelik 1,2% en 2,1% gedaal. Kraamwinkel sê dit is waarskynlik deel van tipiese seisoenale prysbewegings, met pryse wat in die lente- en somermaande daal wanneer produksie gewoonlik hoër is. Met internasionale pryse wat vanjaar skerp gedaal het, kan ingevoerde suiwelprodukte teen mededingende pryse in die komende tyd ’n groter rol in die mark speel, sê hy.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Saam dinge aanpak !
Ek is n eerlikke opregte reguit man Hou nie van komplikasies nie Gryp die bul by die horings Hou van rondry en nuwe plekke plaaslik en oorsee besoek !! Positiewe uitkyk op lewe...
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot