AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Surplusse keer dat voedselinflasie weghol

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Gretchen Peiser
Foto: Gretchen Peiser
Die pryse vir voedsel en nie-alkoholiese drankies het in September vanjaar met 11,9% vergeleke met September verlede jaar gestyg. Dit was ook 0,5% hoër as in Augustus vanjaar, maar kenners meen daar is lig in die tonnel.

Die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP) sê in verslag oor die voedselinflasie die grootste bydraers tot die inflasie was brood en graan (3,6 persentasiepunte), vleis (3,1 persentasiepunte) en melk, eiers en kaas (1,3 persentasiepunte).

Dr. Hester Vermeulen, kenner van verbruikers- en voedselekonomie, sê die vernaamste redes vir die dubbelsyfervoedselinflasie is die styging in wêreldpryse van graan en oliesade, wat plaaslik vererger word deur ’n swakker wisselkoers. In Suid-Afrika verhandel kernkommoditeite soos mielies, sonneblom, sojabone en kanola steeds teen uitvoerpariteit.

“Dit beteken dat die surplusproduksie plaaslike pryse laag hou en dat die inflasie aangedryf word deur internasionale pryse, die swakker wisselkoers en die toenemende koste van logistiek en verwerking wat vervoer, elektrisiteit en lone insluit. Indien daar nie hierdie surplusse was nie, sou pryse tot invoerpariteit gestyg het, wat minstens 30% hoër is en ’n bedreiging vir die maatskaplik-ekonomiese stabiliteit van Suid-Afrika sou kon inhou.”

Sy sê weervoorspellings dui op ’n gunstige somerseisoen en volgens BFAP se projeksies kan boere die grootste somergewasaanplantings in 20 jaar hê, ondanks stygende produksiekoste. “As die gunstige weersomstandighede voortduur, verwag ons dat pryse by uitvoerpariteit sal bly, maar die vlak van uitvoerpariteitspryse sal bepaal word deur faktore buite die beheer van die landbousektor. Al wat ons weet, is dat daar ’n onstuimige tyd voorlê wat voedselpryse en inflasie betref.”

Dr. Tracy Davids, wat veral konsentreer op kommoditeitsmarkte en vooruitskouing, sê om voedselinflasie so laag moontlik te hou, moet boere volhou om surplusse van kernkommoditeite soos mielies te produseer. “Ek dink vir boere self is voedselinflasie dalk minder van ’n kwelling as die inflasie op hul insette soos diesel, kunsmis en elektrisiteit. Al hierdie stygings druk natuurlik ook voedselinflasie op, veral die vervoerkomponent en verwerkingskoste.”

Vermeulen wys daarop dat die styging van 19,3% op ’n jaargrondslag in die prys van brood en graanprodukte ’n aansienlike bedreiging vir die voedselsekerheid van talle Suid-Afrikaanse huishoudings inhou. Volgens Statistieke SA bestee die 50% armste huishoudings sowat 35% van hul voedselmandjie aan styselprodukte. ’n Gesonde voedselmandjie kos nou R3 288 per maand wat R432 meer is as ’n jaar gelede.

Mieliemeel is steeds die bekostigbaarste stapelvoedsel in Suid-Afrika teen 32c per porsie in September, vergeleke met rys (39c/porsie), bruinbrood (95c/porsie) en witbrood (R1,07/porsie).

Vermeulen sê die gaping tussen mieliemeel en rys het aansienlik gekrimp en gegewe die korter voorbereidingstyd vir rys kan dit verbruikers aanspoor om mieliemeel in hul dieet met rys te vervang. “Dit kan die opname van mikro-voedingstowwe aansienlik verminder omdat mieliemeel verryk word en rys nie in Suid-Afrika verryk word nie.”

Mnr. Wandile Sihlobo, hoofekonoom van Agbiz, skryf die styging in landboukommoditeitspryse toe aan ’n verskeidenheid faktore, soos die droogte in Suid-Amerika, hoër verskepingskoste, ’n sterk vraag na landbouprodukte in China en die konflik tussen Rusland en Oekraïne. “Die stygende brandstofpryse sedert die begin van die oorlog help ook om voedselpryse op te jaag.”

Hy sê die een produk in die voedselmandjie waarvan die prysneigings baie onseker bly, is rooivleis. Die uitbreking van bek-en-klouseer het gelei tot die tydelike sluiting van sommige sleuteluitvoermarkte. “Normaalweg sou dit tot prysverlagings lei weens ’n toename in plaaslike voorraad. Die uitbrekings strek egter wyd en daar is ’n effense afname in slagsyfers by sommige voerkrale wat die pryse op relatief hoë vlakke hou. In Augustus byvoorbeeld was beesslagsyfer af tot 206 052, wat 2% laer is as die ooreenstemmende tyd verlede jaar.”

Hy glo internasionale pryse vir graan en oliesade, wat die vernaamste aandrywers vir voedselinflasie is, begin daal en sal oor tyd ook lei tot ’n verlangsaming van die plaaslike voedselinflasie teen die einde van die jaar of die begin van volgende jaar. 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Bietjie van 'n Romantikus wat graag geselsdap soek
Ek is vriendelike mens wat nie baie issues het nie. Ek is 'n 'software developer' en as sulks baie lief vir tegnologie. Ek hou daarvan om lekker te lag word ook...
Passionate.
Hou van eerlikheid. Is nog jonk van gees. Hardwerkend. Passionate vir ware liefde. Hou van shopping en uiteet. See vakansies
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot