AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Swak bestuur van water kos landbou

Swak bestuur kos die landbou in Suid-Afrika sowat ’n derde van sy water.

Boere kan op ’n ekstra 288 000 ha kos produseer indien ’n manier gevind word om al die water wat weens ondoeltreffendheid verlore gaan, te spaar.

“Sowat ’n derde van die water in ons skemas gaan verlore weens ondoeltreffendheid, soos kanale en damme wat lek of onnodige verdamping. Ons waterbronne word nie goed bestuur nie en daar sal meer aandag aan gegee moet word deur beide die openbare en die private sektore,” sê prof. Mohammad Karaan, dekaan van die fakulteit van agri­wetenskappe by die Universiteit van Stellenbosch.

Hy het saam met dr. Piet Croucamp, politieke wetenskaplike, en mnr. Phillip Retief, uitvoerende hoof van Van Loveren, aan die eerste Megaboere­gesprek tydens die Woordfees in Stellenbosch deelgeneem. Landbouweekblad is ’n mediaborg van die gesprekreeks.

“Die landbou se toekoms gaan bepaal word deur wat hy met water gaan doen, gegewe dat dit die droogste en warmste jaar in ’n 100 jaar is. Die landbou het reeds 46% van die water, en die bedryf gaan nie ’n druppel meer kry nie, inteendeel, die bedryf gaan minder kry.”

Hy sê boere het in die laat 1980’s sowat 500 000 ha besproei. Binne 20 jaar het dit gegroei tot ongeveer 1,5 miljoen ha, maar dit het die afgelope twee jaar weer terug gesak tot net meer as 1 miljoen ha.

Maak veranderinge in droë jare

Retief sê boere wat meer aanplant as waarvoor hulle water beskikbaar het, brand hul vingers in maer, waterskaars jare. Hy meen ’n droogtejaar soos vanjaar is die tyd om daadwerklike veranderings te maak.

“Ons kan baie doen om skemas meer doeltreffend te maak en oorloop­ en uitvloeiwater te benut, maar ek weet ook van die grootste gevegte in die landbou gebeur oor water, so dis makliker gesê as gedaan. Boere gaan nie enigiets prysgee in die proses nie, so die vraag is om meer te doen met minder.”

Hy sê navorsing oor droogtebestande plantmateriaal wat minder water nodig het, is een manier hoe boere groter opbrengste kan afhaal met minder water. “Daar is ook maniere om water beter op die grond te benut. Ons gebruik seker nou 50% minder water met hedendaagse besproeiingsmetodes as met vloedbesproeiing wat ons 20, 30 jaar gelede toegepas het.”

Karaan sê die landbou moenie net kyk na meer doeltreffende waterbestuursbeginsels nie, maar ook “na geleenthede om meer kapasiteit te skep met relatiewe klein insette wat heelwat water kan bespaar en opgaar”. Retief sê nuwe watergeleenthede moet ook bemagtigsgeleenthede skep.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boer soek boerin
Ek is 'n aangename persoon. Hou van mense. Lief vir diere en die natuur. Goeie humorsin. Ek is finansieël stabiel.
Time wait for no man.. neither does a good woman
Sageaarde romantiese hardwerkend Soek n lewensmaat om die lewe mee te geniet want die lewe is Kort ons Moet dit leef
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot