AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

'Swak kommunikasie dra by tot moorde'

'n Gebrek aan kommunikasie, betrokkenheid, oplettendheid en 'n veiligheidsplan is dikwels die grootste rede waarom plaasmoorde plaasvind. In distrikte waar di´ aspekte verbeter is, het misdaad aansienlik gedaal.

'n Gebrek aan kommunikasie, betrokkenheid, oplettendheid en 'n veiligheidsplan is dikwels die grootste rede waarom plaasmoorde plaasvind. In distrikte waar dié aspekte verbeter is, het misdaad aansienlik gedaal.

Dit is van die inligting wat verskaf is op 'n vergadering op Bultfontein ná die plaasaanval waarin 'n jong boer van die distrik, mnr. Rinus Smith (27), koelbloedig doodgeskiet is.

Kol. Pieter Schmidt, oud-bevelvoerder van die Bultfontein-kommando, was een van verskeie sprekers wat swak kommunikasie en bevel en beheer as die grootste probleem uitgesonder het. "Daar is 'n chaos in die kommando se kommunikasie."

Nog 'n oud-kolonel van die Weermag, mnr. Martin Combrink, het gesê naas kommunikasie is die probleem dat geen gebeurlikheidsplanne bestaan het nie. Te veel leidrade is deur boere van die omgewing doodgetrap. Boere weet ook nie hoe om aanvallers se gevegsaanduidings te lees nie.

Mnr. Jannie Botma, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se veiligheidskomitee, sê plaaswagte en patrollies is noodsaaklik. Optrede tydens aanvalle moet ingeoefen word sodat mense paraat kan wees en elkeen weet wat om te doen.

Oor die aanval by Bultfontein sê hy ondanks waarskuwings deur die distriksboere-unie van Bultfontein aan die polisie van moontlike plaasaanvalle, was die reaksie daarop teleurstellend. 'n Dringende gesprek gaan met die polisie daaroor gevoer word.

Dit lyk asof mnr. Smith se aanvallers goed opgelei was omdat spore moeilik gevind kon word. Ondanks die feit dat die huis goed beveilig was, is toegang deur die dak verkry. Alles dui daarop dat roof nie die motief was nie, want niks word uit die huis vermis nie.

Mnr. Louw Steytler, voorsitter van Vrystaat Landbou, sê die beëindiging van 'n jong boer se lewe is iets wat die land nie kan bekostig nie. Dit verbreek nie net 'n belangrike skakel in die ekonomiese ketting nie, maar die statistiek gaan toon hoe noodsaaklik die beskerming van die landelike gemeenskappe geword het.

Mnr. Smith is op 1 Desember koelbloedig in sy ouers se kombuis voor die oë van sy skoonsuster en niggies geskiet deur vermoedelik twee inbrekers wat in die huis was toe hulle ná kerk tuiskom. Sy broer Helgardt is swaar gewond toe hy hom te hulp gesnel het. Hy is 'n tweede keer deur die deur geskiet toe hy in sy bakkie probeer wegjaag het om hulp te soek.

13 Desember

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.7%
Rand - Pond
20.17
-1.1%
Rand - Euro
17.72
-0.6%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,662.20
+0.1%
Silwer
19.03
+1.1%
Palladium
2,164.85
-1.8%
Platinum
864.59
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Enkel mamma van n pragtige 4 jaar oue dogtertjie... Nie opsoek na iemand wat net wil games speel nie
Eks n baie eerlike en opregte mens hou nie daarvan as mense oor my loop nie. Ek se wat ek dink en voel draai nie doekies om nie. Eks wel op my plek En het n sagte hart
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot