AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Swart eienaars besit 60% van grondwaarde in drie provinsies

Swart eienaars besit reeds meer as 60% van die potensiële waarde van landbougrond in Limpopo, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap.

Die jongste ontleding in 'n nasionale grondoudit wys weer eens dat swart eienaarskap van landbougrond heelwat verder gevorder is as wat Jan en Alleman dink.

Só sê mnr. Johann Bornman, 'n ekonoom en voorsitter van Agri Development Solutions, in die jongste in 'n reeks ontledings oor die eienaarskap van landbougrond in SA. Bornman doen die ontledings vir Landbou.com en Landbouweekblad.

Die jongste ontleding is saamgestel uit data van die Aktekantore wat deur Windeed verskaf is.

Bornman sê “in vorige artikels rakende dié grondoudit en die besit en/of okkupasie van grond deur mense van kleur in die RSA, is gewag gemaak van die feit dat hierdie eienaarskap hoofsaaklik gesentreer word in of rondom hoëpotensiaal grond. Die vraag is nou, indien die stelling waar is, en die bewyse is daar uit die studie, hoe groot is hierdie waardeverskil.”

Kan grondbesit op drie wyses beskryf

Hy sê die verhouding van grondbesit deur mense van kleur kan basies op drie wyses beskryf word, naamlik: (1) Deur die oppervlakte in hektaar of (2) om die waardepotensiaal ook in ag te neem deur die waarde van die grond in besit deur mense van kleur uit te druk as persentasie van die totaal. Derdens is dit deur inherente of intrinsieke waarde as persentasie van die totaal vir die land te vergelyk. In laasgenoemde geval word die drakrag per grootvee eenheid as verrekeningsfaktor gebruik.

Vir doeleindes van Bornman se oudit is in die geval van die waardebepaling, word grootliks gesteun op die resultaat uit die data vir 2010 tot 2016. 'n Volledige prentjie sal daargestel word met voltooiing van die oudit, wat met data vanaf 1994 beoog word.

Twee aspekte hieruit verdien vermelding. (1) Die konsentrasies van transaksies in bepaalde distrikte in provinsies, waaronder die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Limpopo en Noordwes. (2) Dit kan ook verder sonder vrees van teenspraak bevestig word uit die navorsing, dat mense van kleur markwaarde betaal om grond te koop.

Transaksies weerlê stellings

“Die stellings wat allerweë los en vas gemaak word dat die vryemark vir grondaankope deur mense van kleur disfunksioneel is, word onomstootlik weerlê deur transaksies, soos gedokumenteer uit die Aktekantoor. 'n Waarde-vergelyking is dus 'n geldige toets in die kleur-eienaarskap debat.”

Vir die grondpotensiaal-oefening is gebruik gemaak van die drakragnorm (soos deur die Departement van Landbou, Bosbou en Vissery daargestel) deur die inligting van 340 distrikte in die RSA te verreken. Die uitkoms van die studie is in die meegaande tabel.

Drie provinsies toon, gebaseer op grondpotensiaal, 'n besitvlak van meer as 60% in die hande van swart eienaars. Dit is in die Oos-Kaap, KZN en Limpopo.

Vir die RSA in geheel kom die syfer op 52,8% te staan. In slegs drie provinsies is die verhouding onder 30%, met die Wes-Kaap die laagste met 5,4%.

Bornman sê dit is veral interessant om daarop te let dat grond in die ou TBVC-lande sowat 8% van die RSA se oppervlakte beslaan, maar op potensiaal-basis hoofsaaklik onder die hoë norme van die Oos-Kaap, Noordwes en die Limpopo-provinsies val.

Wees omsigtig met grondhervorming

“Hierdie deel uit die studie beklemtoon maar net weer die noodsaaklike en belangrikheid daarvan om omsigtig met grondhervorming om te gaan en wel seker te maak dat hoëpotensiaal grond 'n produktiewe bydrae tot die ekonomie van die landbou en voedselproduksie in die land lewer.

“Kommersiële landbougrond, hoofsaaklik verantwoordelik vir voedselproduksie, het reeds vanaf 1993 van 85,1% afgeneem tot na raming 61,4% in 2016. Dit is nie volhoubaar nie.”

* Klik op die banier hieronder om die webwerf oor plaasverkope te lees.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.85
-1.2%
Rand - Pond
20.15
+0.4%
Rand - Euro
17.60
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.53
-0.6%
Rand - Jen
0.12
-0.8%
Goud
1,708.66
-1.0%
Silwer
20.34
-3.4%
Palladium
2,252.50
-3.0%
Platinum
914.00
-2.1%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.0%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opskrif
Ek is fun Om mee SAAM te wees. Hou van lag en Om te bederf. Hou van Kos maak, movie, shopping, uit eet, rond te loop in malls love Dans rugby braai . Om te hug hande vas the Hou...
Lag en leef
Ek is n liefdevolle mens en sien die positiewe altyd in mense. Die lewe is te kort om ongelukkig te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot