
'n Ontleding van plaasverkope in KwaZulu-Natal vir die tydperk van Junie 2015 tot Mei 2016, was 307 transaksies in 15 distrikte. Altesaam 88 292 ha is teen R2,686 miljard verkoop. Van dié verkope was 100 (33%) transaksies van kleur, wat amper 40% van die totale waarde behels. Altesame 91 (30%) van die transaksies was vir grond groter as 300 ha met ’n beduidende 36% vir grond kleiner as 50 ha.
Hierdie ontleding van grondverkope in Suid-Afrika handel oor die grondtransaksies vir stukke grond groter as 20 ha in Noordwes, KwaZulu-Natal en Limpopo vanaf Junie 2015 tot Mei 2016.
Daar was 659 transaksies in Noordwes wat 264 362 ha teen R4,562 miljard behels het. Daarvan was 103 (15,6%) transaksies van kleur wat 62 530 ha teen R697 miljoen (15,3% van die totale waarde) behels het. Transaksies van kleur is dié tussen mense wat nie wit is nie, regeringsaankope en grond wat vir munisipale gebiede bekom is. Sowat 30% van die transaksies was vir grond kleiner as 50 ha – hoofsaaklik by Coligny en Marikana.
In Limpopo is 553 ooreenkomste gesluit. Dit het 217 326 ha teen R2,831 miljard behels. Daarvan was 196 (17%) transaksies van kleur wat R472 miljoen (16,7 % van die totale waarde) van hande laat verwissel het. Die meeste transaksies (206, of 37%) was vir grond groter as 300 ha. Gunstige prysneigings is in die provinsie waargeneem.
Lees die verskillende afdelings van die ontledings van Plaasverkope hier:
* Statistiek oor die verhandeling van landbougrond per distrik binne 'n provinsie vir die afgelope 12 maande.
* Opsomming: Meer besonderhede oor plaasverkope binne 'n distrik vir die afgelope 12 maande.
* Verspreiding bevat besonderhede oor die randwaarde per hektaar van transaksies in elke distrik van Suid-Afrika.
* Johann Bornman is 'n ekonoom en voorsitter van Agri Development Solutions.