AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Swartland het reën dringend nodig

Boere in die Swartland kyk naarstiglik na die wolke vir reën.

Ongunstige landboutoestande heers in groot dele van die Swartland. Boere sê die koring het baie ongelyk opgekom en is by plekke besig om in die aar te kom.

Vir bloot ’n gemiddelde graan-oes om te realiseer, sal dit tot diep in Augustus en September goed moet reën.

Mnr. Thys Grobbelaar van die plaas Koringkloof, Eendekuil, sê hulle is nege boere in sy omgewing wat nog bitter min reën gekry het. "Ons het 21,5 mm reën in April gehad. Die reën wat saak maak, was tot dusver 6,8 mm in Mei, 55,5 mm in Junie en 13 mm in Julie. Dis verskriklik min."

Grobbelaar, wat al van 1994 af rooibostee verbou, sê die wisselkoers en hoë prys vir tee het vanjaar baie gehelp, dog 70% van die rooibostee wat hulle verlede jaar aangeplant het, het gevrek van die min reën in die laat-winter en somer van vanjaar gekry het, en moet vanjaar oorgeplant word.

Mnr. Cobus Bester van UD Boerdery by Moorreesburg reken die koring wat vroeg geplant is, lyk gemiddeld, maar die wat later geplant is, sal ’n ondergemiddelde opbrengs realiseer. Die situasie kan egter verbeter indien hulle die volgende paar weke goed reën kry. Hy sê hulle het van 1 April tot middel Julie 200 mm reën gehad. "Die totaal was goed, maar die verspreiding nie. Na 22 April se 50 mm was dit vir ses weke droog. Dit reën ook baie kol-kol, maar 50 mm nou en ’n nat Augustus kan nog ’n groot verskil maak."

Mnr. John Dürr, voorsitter van die RPO in die Wes-Kaap, sê daar is "mooi groen weidings", maar die plantjies is swak en waterig. "Die groot probleem is dat daar nie ruvoer is nie. Boere in die Sandveld moet nog droogtehulp kry."

Mnr. André Kirsten van Kirsten Boerdery, Darling, sê die koring en kanola lyk nie te sleg nie, maar is die lupiene swak. Wingerde in die omgewing trek ook swaar en hulle het baie reën nodig om hul damme te vul. "Al het ’n paar stokke in Mei begin bot, het ons lekker koue gehad en het die wingerde in rus gegaan. Die grondvog is egter baie laag."

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
20.16
+0.2%
Rand - Euro
17.68
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,661.25
+0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot